Namibië boer vooruit met tafeldruiwe
Landbouredaksie
'n Langtermynvennootskap tussen Capespan Namibia en die Namibia Grape Company wat 'n nuwe waterpypleiding insluit, sal tafeldruifproduksie in Namibië 'n hupstoot gee.
Die vennootskap behels die bou en instandhouding van wêreldklas-produksiegeriewe in Aussenkehr in Namibië.
Volgens Capespan Namibia word hierdie vennootskap nou egter aangehelp nadat 'n waterpypleiding wat oor 6 km strek, met 'n deursnee van 800 mm, voltooi is.
Die pypleiding kan 3 400 kubieke meter water per uur lewer en is voldoende om 540 hektaar se tafeldruiwe te verbou.
Die totale belegging in hierdie projek beloop R42 miljoen. Sowat 7 miljoen kartonne tafeldruiwe word jaarliks in Aussenkehr verbou. Dit is 'n laereënvalgebied met 'n gemiddelde reënvalsyfer van 35 mm per jaar. Die Oranjerivier word egter regdeur die jaar vir besproeiing gebruik. Mnr. Kobus Botha, die direkteur van Capespan Namibia, sê die droë weer verseker goeie gehalte tafeldruiwe.
Daar is geen reën gedurende oestyd nie en die siektedruk is ook laag. Hy verduidelik Capespan Namibia het die afgelope drie jaar nuwe koelkamers gebou en 14 nuwe kultivars aangeplant en het ook in pakstelsels belê.
“Verder word 'n bykomende 60 nuwe kultivars op die nuwe proefperseel getoets. Hierdie kultivars word vir drie jaar geëvalueer alvorens dit kommersieel verbou sal word.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie