Namibië dalk ook 'n wieg van die mensdom

'n Span wetenskaplikes gaan binnekort die bevindings van hul soektog na tekens dat die mensdom sy ontstaan in Namibië gehad het, met die publiek deel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - 'n Span wetenskaplikes onder leiding van 'n Franse geomorfoloog en geo-argeoloog is in die gebied van die Aha-heuwels in die verre noordooste van Namibië op soek na tekens dat die voorloper van die mens in dié gebied geleef het.

Dr. Laurent Bruxelles, hoof van die navorsingsending, is sedert die einde van 2015 op soek na argeologiese en geologiese tekens hiervan.

Sy medenavorsers is dr. Marc Jarry, 'n argeoloog, dr. Francis Duranthon, 'n paleontoloog, en dr. Grégory ­Dandurand. Hy is net soos Bruxelles ook 'n geo-argeoloog en 'n kenner van karst-gesteentes.

“Die hele Afrika is beslis die wieg van die mensdom. Waarna jy moet kyk, is plekke waar fossiele vasgeval het, soos die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika en grotte in Suider-Afrika. Daarom is ons in 'n mees onontginde streek van Namibië besig om grotte te soek, sedimentêre of afsettingsgesteentes te ondersoek, te soek na fossiele en te kyk of ons nuwe stukke van die ­legkaart oor die wieg van die mensdom kan vind,” het Bruxelles vroeër aan CNRS News gesê.

Hy en sy span sal op 5 Desember om 18:00 by die Frans-Namibiese Kultuur­sentrum (FNCC) in Windhoek terugvoering oor hul werk en bevindings gee.

Die FNCC sê in 'n verklaring hierdie soektog sal nog vir jare teenaan die Botswana-grens in die noordooste van Namibië voortduur.

Waarin hulle spesifiek geïnteresseerd is, is die Aha-heuwels – 'n lang ry klein heuweltjies wat in 'n reguit lyn geleë is.

Tydens die konferensie sal hulle verduidelik waarom hulle in dié gebied belangstel terwyl ander wetenskaplikes se navorsing op die Wieg van die Mensdom, die wêrelderfenisgebied aan die Wes-Rand in Gauteng, gefokus is, sê die FNCC in sy verklaring.

Die span glo vanweë hul ontdekking van die oorblyfsels van antieke hominiede (mensagtige fossiele) dat Namibië, net soos Oos-Afrika, moont­lik 'n ander wieg van die mensdom kan wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!