Namibiu00eb deel van vlootsimposium
Namibiu00eb deel van vlootsimposium

Namibië deel van vlootsimposium

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die 23ste internasionale Seapower-simposium (ISS) vergesel.

Dít is by die Amerikaanse vlootkollege in Newport, Rhode Island, aangebied.

Dit was Nghipandua se tweede deelname aan die tweejaarlikse simposium wat dien as ‘n forum vir senior internasionale vlootleiers om algemene maritieme uitdagings en geleenthede te bespreek.

Dit het ten doel om internasionale samewerking op die gebied van maritieme veiligheid en sekuriteit te verbeter.

Die ISS is die enigste forum ter wêreld wat soveel vloothoofde byeenbring.

Dit is deur 79 vloothoofde en 17 kuswaghoofde bygewoon, met afgevaardigdes wat 102 lande verteenwoordig het.

Besprekings by die ISS het reeds gelei tot verskeie suksesvolle pogings om samewerking te verbeter in die stryd teen seerowery, die verskaffing van rampverligting, sowel as humanitêre hulp, die koördinering van soek- en reddingsoperasies, sowel as die beplanning en uitvoer van militêre operasies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!