Namibië deur Turkse oë
Prof. Dr. Orhan Kural (onder meer die hoof van die myningenieursdepartement van die Tegniese Universiteit van Istanboel, president van die Turkse Toeristeklub en erekonsul van die Republiek van Benin) het onlangs in Namibië getoer. Hier is sy indrukke van die land:
“Ek en nege lede van die Turkse Toeristeklub het vir tien dae deur Namibië getoer. Dit was my derde besoek aan jul lieflike land. Ek het al na 235 lande gereis, insluitende alle Afrikalande.
Ek glo Namibië is ’n land met vele versteekte skatte wat ontdek moet word. Dit sluit die fassinerende inheemse fauna, reptiel- en voëlspesies in die Namibwoestyn, die Visrivier-canyon, woestynrenosters en olifante in die Kaokoveld, die Skedelkus, die pragtige Duitse dorp Swakopmund, die Brandberg, Sossusvlei se duine, die Twyfelfontein-rotstekeninge, Khorixas se versteende woud, die Etosha Nasionale Park, Boesmans en Himbas, wat steeds hul brose kultuur bewaar, en die myndorpe Tsumeb en Uis in.
My indrukke van die Namibiese toeristebedryf en wenke om Turkse besoekers na Namibië te lok:
• Op die oomblik moet Turkse burgers by die Namibiese ambassade in Berlyn aansoek doen vir Namibiese visums. Dit kos €150 en omtrent €100 vir vrag. Dit is ’n moeilike en tydrowende proses.
• Daar behoort meer plekke van Namibië op Unesco se erfenislys te verskyn. Op die oomblik is daar net twee.
• Al die lodges en hotelle waar ons in Namibië oornag het, was perfek.
• Die Film House in Damaraland was baie besonders en fantasties.
• My groep van agt dames het die Namibiese kos baie geniet.
Ek sal nou begin om Namibië in Turkye te adverteer deur my reisboeke, artikels, TV-programme in Bloomberg Ht en deur my konferensies (www.orhankural.net).
Namibië is werklik ’n weergalose bestemming. Daar is ’n gevoel van oneindigheid, granietrotse in die vorm van monolitiese beeldhouwerke, Boesmans wat trots op hul kultuur en lewenswyse is, koel Atlantiese seebriese, ’n luukse Afrikatrein deur Namibië, ruwe en dikwels ‘vyandige’ terrein wat saam ’n unieke en bedwelmende paradoks vorm wat avonturiers soos myself keer op keer lok.
Daar is altyd ’n oorvloed van aktiwiteite om jou in Namibië besig te hou.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie