Namibiu00eb eersdaags deel van Afrika-reisportaal
Namibiu00eb eersdaags deel van Afrika-reisportaal

Namibië eersdaags deel van Afrika-reisportaal

Die Trusted Travel-stelsel stel Afrikalande in staat om hul grense vir ekonomiese aktiwiteite oop te hou, terwyl dit die verspreiding van Covid-19 voorkom of verminder.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië is goed op dreef om deel te word van ‘n betroubare reisportaal wat Afrikalande sal help Covid-19-toetsuitslae op te laai en te verifieer.

Dié portaal sal reisigers in staat stel om die uitslae van hul Covid-toetse aanlyn op te laai vir maklike verifiëring deur doeane- en gesondheidsbeamptes, help met die naspeur van vervalste sertifikate en om eenparigheid te skep tussen die vereistes vir aankoms en vertrek tussen lande wat deel van die vasteland is om oorgrensoordrag te voorkom.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het bevestig die proses om die Trusted Travel-stelsel in Namibië te implementeer, is in ‘n gevorderde stadium.

Die sentrum vir siektebeheer (CDC) in Afrika se Trusted Travel-stelsel stel lande op die vasteland in staat om hul grense vir ekonomiese aktiwiteite oop te hou, terwyl dit die verspreiding van Covid-19 voorkom of verminder.

Dit sal vervolgens “vertroue in toetsuitslae onder regeringsowerhede, lugrederye, vervoerdienste en ander rolspelers oraloor die vasteland verseker”.

“Soos ons ekonomieë, skole en grense weer oopmaak, het Afrika ‘n geharmoniseerde benadering nodig om die risiko van Covid-19-oordrag te verminder,” sê die direkteur van Africa CDC, dr. John Nkengasong.

Namibië het reeds alle goedgekeurde laboratoriums wat Covid-19-toetse in die land doen by PanaBIOS geregistreer, terwyl laboratoriumtegnici in die gebruik van dié stelsel opgelei is. Alle doeanebeamptes by grensposte is ook deel van die opleiding. Dié beamptes is reeds toegang tot die stelsel gegee en is sodoende in staat om die verifiërings te kan doen, met dien verstande dat hulle die nodige toerusting het.

Die ministerie is tans in die proses om rolspelers te betrek om eenstemmigheid tydens die amptelike uitrolprogam te verseker. Namibiese laboratoriums is tans besig met die skep van kodes vir reisigers wat Namibië verlaat vir lande wat reeds die Trusted Travel-stelsel gebruik.

Volgens die ministerie is ‘n tegniese span verantwoordelik vir die implementering van die stelsel om te verseker daar word aan die minimumvereistes voldoen. Die ministerie kon egter nie sê wanneer die stelsel amptelik in Namibië van stapel gestuur sal word nie.

Deel van die stelsel is die jongste reisbeperkings en aankomsvereistes van toepassing op die reisiger se reisplan. Dit verskaf die databasis van goedgekeurde laboratoriums en die inentingsvereistes waaraan voldoen moet word. Die stelsel verskaf voorts Africa CDC se “gemeenskaplike erkenningsprotokol” vir Covid-toetse asook die uitslae daarvan, sowel as inentingsertifikate wat geelkoors en ‘n toekomstige Covid-entstof insluit.

Alle gesondheidsverwante inligting en verwerking vir reisigers en doeanebeamptes word deur lidlande van die Afrika-unie (AU) voorsien en deur Africa CDC bekragtig.

Nkengasong het gemaan die vasteland is in ‘n kritieke fase van die pandemie.

“Soos ekonomieë heropen en reise hervat, moet ons aandag skenk aan die voorkoming van oordrag en sterftes deur versigtig en stadig ons grense oop te maak. Die Trusted Travel-stelsel is die hulpmiddel wat lidlande nodig het om dit veilig te doen,” het Nkengasong gesê.

“Sonder so ‘n stelsel sal die voorkoms van vals toetsuitslae en sertifikate die pogings ondermyn om oorgrensoordrag te verminder, terwyl oorgrens- ekonomiese aktiwiteite plaasvind. Die platform is veilig en gebruik internasionale standaarde van kubersekuriteit en protokol vir die beskerming van data,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!