Namibiu00eb en Britse parlementslede werk saam
Namibiu00eb en Britse parlementslede werk saam

Namibië en Britse parlementslede werk saam

Die sorgvuldige nagaan van wetsontwerpe is 'n belangrike deel van elke parlementslid se werk.
Estelle de Bruyn
Parlementslede en komiteeklerke van Namibië en Brittanje het vandeesweek (6-10 November) vir drie dae in Windhoek saamgewerk om goeie praktyke rakende die nagaan van wetgewing te verbeter.

Volgens ‘n verklaring deur die Britse hoëkommissariaat in Windhoek het deelnemende lede van die Nasionale Vergadering (NV) teen die einde van die program hul tegniese vaardighede om wetgewing krities te ondersoek, verbeter deur vergelykings met die Britse stelsel te tref.

Die program is deel van ‘n langtermyn- parlementêre vennootskapprogram tussen Brittanje en Namibië wat tot 2019 sal duur.

Die program is deur die Statebond se parlementêre vereniging in Brittanje (CPA UK) gereël.

Die Britse afvaardiging bestaan uit Mariam El-Azm, adjunkhoof van internasionale uitreiking van die CPA UK, Yashasvi Chandra, die Afrika-programbestuurder, Barones Barker van die House of Lords, Nick Walter, justisie se komiteeklerk en Sir Peter Bottomley, parlementslid van die House of Commons.

Bottomley sê om wetgewing noukeurig na te gaan, is een van die hoekstene van goeie demokrasie.

Dit verbeter wetgewing tot die land se voordeel.

Hy sê die doeltreffende nagaan van wetgewing is ‘n belangrike deel van parlementslede se werk.

“Ons is verheug om saam met lede en klerke van die Namibiese parlement te werk,” het hy gesê.

Later vanjaar sal lede van die Namibiese parlement die Westminster Seminaar oor Parlementêre Gebruike en Prosedures en die Westminster Slypskool oor Portefeuljekomitees belas met Openbare Rekeninge in Londen bywoon om hul vaardighede en kundigheid verder te verbeter.

Volgens die verklaring werk die CPA UK om parlementêre diplomasie aan te moedig en parlementêre vaardighede namens die Britse parlement in alle Statebondlande te verbeter.

Die CPA UK is die grootste en aktiefste tak van die CPA, ‘n internasionale organisasie met takke in alle Statebondparlemente.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!