Namibië en Rwanda verstewig bande
Die Rwandese staatshoof het sy besoek aan Namibië gisteroggend onseremonieel afgesluit.
Pres. Hage Geingob het die hoop uitgespreek dat die Rwandese president, mnr. Paul Kagame, se staatsbesoek aan Namibië vandeesweek stukrag aan die verstewiging van die bilaterale betrekkinge en samewerking tussen dié twee lande sal verleen.
Hy het tydens die staatsbanket Dinsdagaand gesê die uitnodiging om Namibië te besoek, bevestig die land se begeerte om vriendskapsbande met Rwanda te verstewig – ‘n band, sê Geingob, wat in wedersydse respek en Pan-Afrikanisme gesetel is.
Tot dusver is nog geen verduideliking vir Kagame se onseremoniële vertrek, vroeër as beplan, uit Namibië gegee nie.
Volgens die program vir sy drie dae lange staatsbesoek, sou hy gisteroggend (Woensdag) vertrek het.
Joernaliste is egter Dinsdagaand op die presidensie se WhatsApp-groep ingelig die beplande seremoniële vertrek is gekanselleer, aangesien die Rwandese president Namibië vroeër verlaat.
Geingob het by die staatsbanket ter ere van Kagame gesê nuwe terreine van samewerking in handel, toerisme, landbou en inligtings- en kommunikasietegnologie gaan ontgin word.
Geingob het ook na Rwanda se “indrukwekkende ekonomiese groei” verwys, asook vordering in sektore soos landbou en toerisme.
“Namibië herbevestig sy ondersteuning van Afrikastrategieë vir ontwikkeling en handelspraktyke tot die vasteland se voordeel.”
Kagame het Dinsdag die stelling verwerp dat sy land se nasionale data oor armoede en ekonomiese groei onrealisties hoog is en nie die werklikheid op voetsoolvlak weerspieël nie.
Hy het gesê sy land se ekonomiese groeikoers hoef nie van buite die land bevestig te word om werklik te wees nie.
Geingob het Kagame ook gelukgewens met die vordering wat onder sy aanvoering met die instelling van ‘n bestuurstelsel vir die Afrika-unie gemaak is.
“Afrika is by ‘n kritieke plek in sy geskiedenis. Die vasteland is op die drumpel daarvan om ongekende groei en ontwikkeling te beleef. Ons moet die geleentheid aangryp.”
Namibië se president het daarop gewys die vasteland kan armoede uitwis. – Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie