Namibië en sy passievolle drywers
Jeanette Diergaardt – Dit maak nie saak wie jy is nie, ek belowe jou jy het in een of ander stadium in jou lewe iemand gruwelik op die pad geïrriteer of verskriklik gefrustreer.
Ek doen dit amper op ’n daaglikse basis en kry nogal bevrediging daaruit.
Weet julle hoe om Namibiese drywers grensloos te irriteer? Hou by die spoedgrens; veral in ’n 60 km/h-sone. Jy mag nie minder as 80 km/h in ’n 60 km/h-sone ry nie.
Hoor my lied, een of meer drywers sal jou ’n vloekwoord in sy of haar gedagtes toesnou.
Bewaar jou siel as jy met ’n leerlingplakker op jou voertuig ry of jou voertuig ruk voor ’n groenlig dood. Dit is die vinnigste wat ’n woedende drywer jou ’n vuil kyk geen en jou vinnig verbysteek.
Jy kry wel die kalm en begripvolle padgebruikers, maar die meeste maak seker jy hoor hulle toeter. Jy moet net kalm bly. Glimlag rustig en skakel jou voertuig weer aan. Dit is nou vir ons wat met ’n handratmodel leer bestuur.
Bewaar jou siel as jy saam met ’n ou ervare drywer ry en 41 km/h in plaas van 40 km/h ry, want so roekeloos mag mens nie bestuur nie.
Ek moet erken soms voel 60 km/h nogal stadig, maar mense met groot kuite is geneig om die pedaal bietjie dieper in te trap. As jy my kuite sien dan sal jy verstaan hoekom ek ’n klein bietjie vinniger ry.
Mense met kleiner kuite sal nou weer sê ek praat ’n klomp tjol. Hulle sal selfs sê my kuite is nie só groot nie, #haters.
Kom ons praat oor die westelike verbypad. Hoe op dees aarde moet jy 80 km/h ry vir sulke lang ente as jy nie in ’n trok is nie? En dan kry jy die oompaloompas wat minder as 80 ry of met ’n skororo ry. Ek het niks teen mense met ’n skororo nie, maar jy mag ook nie in die geel gedeelte ry nie. Dit is vir die fietsryers, maar ook nie eintlik nie. Fietsryers julle soek mos moeilikheid om op die westelike verbypad te ry, boonop alleen.
Ek het ook een keer moeilikheid met my fiets op die westelike verbypad gesoek. Ek het letterlik my alie gesien. Toe ek my weer kon kry toe hop ek ’n paar keer met my agterstewe op die teerpad.
Daar was letterlik ’n ronde duik op die onwettige taxi se kap. Ek was gelukkig om net met duiseligheid van die ongeluk af weg te stap. Dit is seker die skok wat my duiselig gemaak het, want ek kan sowaar nie onthou dat ek my kop gestamp het nie. Miskien het ek, want dit sal baie verduidelik.
My fiets was nie so gelukkig nie; die agterkant was opgefrommel. Dit het vyf jaar gelede gebeur en ek was nie weer met ’n fiets op die pad nie. Nie eens op ’n grondpad nie. Miskien eendag sal ek weer moeilikheid op ’n ander plek soek, maar nie weer die westelike verbypad nie.
Namibiërs het ’n knaende behoefte om betyds by hul eindbestemmings te kom. Dit is al verduideliking wat ek aan kan dink. In Namibië is almal altyd betyds. Gaan na ’n nuuskonferensie en jy sal saam met my stem niemand is ooit laat nie.
Ek kan ongelukkig nie my mond hou oor die Rehoboth Basters wat ’n passie het om betyds by die huis te wees nie. Jy kan al uit Rehoboth hoor hoe die GTI’s op pad is; 90 km voor hulle in Rehoboth aankom.
My kêrel is ’n Baster, gelukkig lees hy nie Afrikaans nie, anders sou ek ’n mondvol van hom gekry het oor my kommentaar. Asseblief, moet my nie stenig nie. Ek sê maar net.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie