Namibiu00eb fokus op albinisme
Namibiu00eb fokus op albinisme

Namibië fokus op albinisme

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Namibië is een van verskeie lande wêreldwyd wat op 13 Junie die kollig op albinisme laat val.
Albinisme word veroorsaak deur ’n molekulêre genetiese afwyking wat die liggaamselle daarvan weerhou om melanien, ’n pigment noodsaaklik vir vel, oë en hare, te produseer. Albinisme is oorerflik en kom aansienlik meer voor wanneer verwante bloedlyne gemeng word. Dit beïnvloed nooit op sigself intelligensie nie.
Een van die redes vir die marginalisering en stigmatisering van albinismelyers is die afwesigheid van die makula/fovea in die retina van albino’s. Dit veroorsaak lees- en leerprobleme in 90% van albinismelyers.
Plaaslik beywer die organisasie, Ondersteuning in Namibië vir Albinisme-lyers wat Hulp nodig het (Sinasra) hom vir die ondersteuning van albino’s in die land. Die welsynsorganisasie is deur die Windhoek Rotariërklub begin en is by die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste geregistreer. Lede is almal vrywilligers en alle dienste vir albino’s is gratis. Dit sluit die ver­skaffing van mediese en gesondheid­sorg, oogondersoeke en -sorg, visuele hulpmiddels, sonskerm en sonbrille in.
Sinasra het ook ’n samewerkingsooreenkoms met die Vereniging vir Oogkundiges in Namibië (NOA) waartydens teleskopiese brille en sonbrille gratis aan albino’s by alle oogkundiges in die land versprei word.
Die organisasie het op sy webtuiste verskeie wenke gedeel om albino’s teen sonskade te beskerm. Dit sluit onder meer die dra van langmouhemde, ’n breërandhoed, sonskerm en sonbrille in. Dit maan albino’s voorts om ekstra versigtig naby water en sand te wees omdat dit die skadelike strale van die son weerkaats.
• Vir navrae kan me. Gisela Lesar-Müller by 061 248 748, dr. Annelle Zietsman by 061 203 3271, dr. Preggy Emvula by 061 203 3265 en dr. Peter Stoermer (waarnemende voorsitter) by 061 231 410 gekontak word. Besoek ook die webtuiste www.sinasra.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!