Namibië gasheer vir Afrikavroue
Namibië was die gasheer vir vroue uit Afrika as deel van die eerste Afrikavrouekonferensie (AWC) wat in Windhoek aangebied is.
Die konferensie het as platform gedien vir die strategiese herposisionering van dié vroue op die vasteland.
Dié jaarlikse byeenkoms is die breinkind van Echoes Africa Initiatives in New York, Amerika, en die Helpline Foundation for the Needy in Abuja, Nigerië.
Afrikavroue kom byeen met die gemeenskaplike doel en belangstelling om te inspireer, te beraadslaag en saam ’n volhoubare agenda op te stel.
Die idee vir die AWC het vanjaar tydens die Verenigde Nasies (VN) se konferensie vir vroue tydens ’n samekoms van vroue uit Afrika sowel as vriende van die vasteland ontstaan om kwessies te takel wat die groei en ontwikkeling van vroue negatief kan beïnvloed.
Namibië is as gasheerland gekies omdat dit volgens organiseerders ’n land is waar vroue aangemoedig word om hul volle potensiaal te bereik.
Vanjaar se tema het op bemagtiging gefokus en het deelnemers soos die regisseur, akteur en president van die direkteursgilde van Nigerië, Fred Amata, ingesluit.
Amata is van die bekroonde aktrise Patience Ozokwor (Mama G), Zack Orji, Monalisa Chinda, Rekiya Attah en die komediant Lepacious Bose.
Kwessies wat bespreek is, sluit in struikelblokke wat ’n negatiewe invloed op die groei en bemagtiging van jong meisies het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie