Namibië help Botswana met vleiskwota
Ellanie Smit
Nie net het Namibië sy eie kwota vir Noorweegste beesuitvoere verlede jaar volgemaak nie, maar dit het ook vir Botswana gehelp om sy deel van die kwota te vul.
Ten spyte van ’n beduidende vermindering in die bemarking van beesvleis gedurende 2021 in vergelyking met 2020, kon Namibiese beesvleisuitvoerders steeds hul volle 50% (1 600 ton) aandeel vul van die totale kwota (3 200 ton) wat vir Suider-Afrika beskikbaar is.
Die Namibiese Landbou-unie (NLU) sê die kwota is gesamentlik deur Noorweë aan Namibië en Botswana gegee. Tog kon Botswana nie die volle 1 600 ton-kwota vul nie en Namibië het ingestaan om ’n tekort van sowat 700 ton aan te vul.
WINSGEWEND “Die Noorweegse mark is ’n uiters winsgewende mark vir Namibië,” sê die NLU.
“Dis vry van heffings en word op ’n gelyke basis tussen die twee lande verdeel. Alhoewel daar geen formele ooreenkoms bestaan dat die kwota gedeel word nie, word dit in beide lande as ’n ongeskrewe ooreenkoms beskou.”
Die NLU sê ’n voorwaarde van die Noorweegse mark is dat die vleis ontbeen moet wees.
Volgens die NLU, bestaan die 3 200 ton uit ’n gedeelte wat ingevolge die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) en die Europese Vryhandelsvereniging (EFTA) se vryhandelsooreenkoms (500 ton) aan Namibië en Botswana toegeken word.
Die grootste deel van die kwota (2 700 ton) word aan die lande toegeken onder Noorweë se algemene voorkeurstelsel. Dié land het dit dienooreenkomstig aan Botswana en Namibië toegestaan.
Volgens die unie kan Namibië, tesame met Botswana en Eswatini ook 400 ton heffingsvrye skaapvleis jaarliks na Noorweë uitvoer.
Dié vleis moet egter ook ontbeen wees. In die afgelope jare is die kwota egter nie benut nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie