Namibië het net 318 ventilators
Te midde van Covid-19-gevalle wat die afgelope ses weke aansienlik toegeneem het, het fokus op die land se logistieke gereedheid verskerp.
Jemima Beukes – Ten spyte van die 3 142 aktiewe gevalle van Covid- 19 wat tans in Namibië is, het die land slegs 318 ventilators en 235 beddens in intensiewesorgeenhede (ICU’s) tot sy beskikking.
Uit die 318 ventilators is slegs 202 vir Covid-19 ICU-sale gereserveer. Sedert Woensdag is 295 Covid- 19-pasiënte in hospitale opgeneem, van wie 31 in intensiewesorgeenhede is.
Tot dusver is 285 mense aan Covid of verwante komplikasies dood, met sewe sterftes wat Woensdag aangekondig is.
Namibië is in ’n hewige stryd teen die tweede golf van die pandemie gewikkel, wat die nuwe variant insluit.
Indien longfunksie ernstig verswak word (as gevolg van ’n besering of ’n siekte soos Covid- 19) kan pasiënte ’n ventilator benodig wat lug, gewoonlik met ekstra suurstof, in die lugweë van ’n pasiënt pomp wanneer hulle sukkel om self asem te haal.
KAN LAND ‘VERWOES’
Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, het verlede week sy kommer uitgespreek oor die tempo waarteen die virus versprei en gesê dit is ’n bedreiging wat die land kan “verwoes”.
“Die afgelope paar weke, veral vanaf die tweede week van Desember, het Namibië ’n groter aantal infeksies, hospitalisasies en sterftes weens Covid-19 ervaar. Infeksies onder gesondheidswerkers het ook aansienlik toegeneem. Dit het toenemende druk op ons gesondheidsorgstelsel en -fasiliteite geplaas – beide staat en privaat,” het hy gesê. Tot dusver is 1 350 gesondheidswerkers geïnfekteer, en ses is dood. Net meer as ’n week gelede het die aantal geïnfekteerde gesondheidswerkers op ongeveer 700 gestaan.
KOMMERWEKKENDE SYFERS
Die ministerie van gesondheid se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het gesê 116 van die land se ventilators is vir algemene ICU-sale, terwyl 202 vir Covid-19 ICU-sale gereserveer is.
Van die 202 ventilators vir Covid-19 pasiënte, is 25 by private fasiliteite en 177 in staatshospitale.
Van die 235 ICU-beddens is 121 vir algemene gesondheidsgebruik en 144 vir Covid-19 pasiënte, het Nangombe bygevoeg.
Hy het gesê daar is tans 864 beddens in gesondheidsorg-isolasiegeriewe, 133 by private fasiliteite en 731 by staatsgeriewe.
Sedert die uitbreking van die coronavirus-pandemie in Maart 2020, het 29 183 mense in Namibië positief vir die virus getoets.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie