Namibië in bytende koue se greep

Die weerkantoor het ook vir vandag teen ryp in die Suide, Ooste en sentrale dele van die land gewaarsku.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl weervoorspellers meen die ergste van die huidige kouefront behoort teen môre verby te wees, is temperature van so laag as -10 °C gisteroggend in die Aranos-omgewing gemeet.

Boonop het die weerkantoor opnuut ‘n waarskuwing vir ryp vir vandag in die suidelike, sentrale en oostelike dele van die land uitgereik.

Op die Facebook-blad Reën in Namibia sê me. Betsie Labuschagne gisteroggend om 07:00 was dit -10 °C 30 km oos van Aranos en me. Sharon Britz het -5 °C op Rehoboth gemeet. Volgens me. Wilet de Jager het die kwik ook om 07:00 tot -5 °C in Avis, Windhoek, gedaal.

Me. Heide Baas sê op die plaas Ombuetendende in die Omitara-omgewing was dit -7 °C en me. Leonora Nonna Becker het op ‘n plaas naby Gobabis -8 °C gemeet.

Kort ná 06:00 was dit -10 °C op Drimiopses, terwyl ‘n minimum van -6,3 °C op die plaas Skemerhoek in die Aranos-omgewing gemeet is en ook -5,2 °C op Omuramba Hunting Lodge in die Omahekestreek.

Die weerdiens AfriWx Southern Africa voorspel die minimum temperature vir Namibië sal vanaf môre warmer sal raak, met Keetmanshoop wat die koudste plek sal wees met ‘n minimum van 0 °C.

Volgens die weerdiens, wat net rekord hou van temperature op 12 plaaslike dorpe, was Gobabis en Windhoek vandag die koudste, met minimum temperature van onderskeidelik -3 °C en -2°C.

Die Namibiese weerkantoor voorspel egter dat Aranos ‘n minimum temperatuur van -2 °C sal hê.

Volgens AfriWx Southern Africa was Barkly-Oos gister Suid-Afrika se koudste dorp op -9,7 °C, gevolg deur Wepener op -9,5 °C. In Botswana was Kanye die koudste dorp op -3 °C. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!