Namibië in die rooi oor kuberveiligheid
Daar is tans reeds méér toestelle wat met die internet verbind is as wat daar mense op aarde is.
Elvira Hattingh - Hoewel Namibië die eerste Afrikaland was om ‘n 4G-netwerk bekend te stel en met ‘n huidige penetrasievlak van 75% vir sy 3G- en 4G-netwerke spog, is ons onderaan die lys as dit by kubersekuriteit kom.
Syntex Technologies se mnr. Philip Hikumwah het tydens die afgelope Inligting- en Kommunikasieberaad in die hoofstad gesê volgens ‘n plaaslike studie is tot 87% van besighede bekommerd oor kwesbaarhede in IoT-toestelle (Internet of Things).
Volgens hom is daar rede tot kommer.
“Navorsing dui aan 70% van die toestelle wat die algemeenste gebruik word, het ernstige kwesbaarhede as dit by kuberveiligheid kom.
“Teen 2020 sal 25% van alle kuberaanvalle in besighede deur IoT plaasvind, hoewel slegs sowat 10% van begrotings vir IoT-sekuriteit toegestaan word.
“Een van die grootste risiko’s is verouderde toestelle wat soms gevaarlike ‘kubergoggas’ (bugs) of ander kwesbaarhede kan hê, waardeur kuberkrakers organisasies se data kan aanval.
“Sonder die regte veiligheidsmaatreëls is jou besigheid se bates en kliënte se inligting in gevaar. Verskeie plaaslike besighede erken die vinnige ontplooiing van nuwe tegnologie is vir hulle belangriker as die beveiliging van hul infrastruktuur en netwerk.
“Om jou besigheid en kliënte veilig te hou, is dit noodsaaklik dat sekuriteit deel van die kern van alle beleggings vorm,” het Hikumwah gesê.
PLAASLIKE OPNAME
Volgens ‘n plaaslike studie deur Syntex waaraan 23 mense uit ses verskillende nywerhede deelgeneem het, het 76% gesê ‘n enkele persoon is verantwoordelik vir die monitor en bestuur van hul organisasie se kuberveiligheid.
“Die gemiddelde IT-tegnikus beskik egter meestal nie oor die vaardighede om IoT-sekuriteit alleen te bestuur nie, omdat dit die fisieke bestuur van toestelle eerder as die bestuur van virtuele bates behels,” het hy gesê.
Volgens Syntex se opname bestuur 70% van plaaslike besighede kubersekuriteit aktief, maar slegs 52% hanteer dit as ‘n besigheids-kontinuïteitsplan.
“Tot 35% van die deelnemers het gesê hulle lei nie werknemers of IKT-gebruikers in inligtingsekuriteit op nie, en 39% het nog nooit getoets hoe kwesbaar hul stelsels is nie.
“Selfs met die beste sekuriteit by eindverbruikers, kan kuberkrakers steeds netwerke en datasentrums binnedring,” het Hikumwah gewaarsku.
Hy sê nuwe toestelle word al meer binne besighede gebruik en dit stel nuwe uitdagings vir besighede se netwerksekuriteit. Boonop veroorsaak dit groei in die hoeveelheid data wat na besighede vloei, wat ‘n al swaarder las op sekuriteitsontledings plaas.
Hy sê organisasies behoort in multi-laag-databestuur en sekuriteitstelsels te belê en dat daar reeds verskeie IoT-sekuriteitsoplossings en ingeboude wolkrekenaarsekuriteit bestaan.
Hy sê tydens vorige ervarings van kuberkrakery is bewys enige sagteware kan kwesbare aspekte hê en aanvalle kan maande lank voortduur voor dit ontdek word.
“Die hoof- kwesbare aspekte van IoT sluit in sagteware, netwerke, wolkrekenaars, web- en selfoonstelsels wat nie veilig is nie, asook algemene privaatheidskwessies.
“Enige toestel is so veilig soos die netwerk waaraan dit verbind is. Dit sluit faktore in soos die mense wat daaraan werk, asook die prosesse en tegnologie wat gebruik word.”
NAMIBIË IN ROOI KATEGORIE
Hikumwah het daarop gewys die tweede uitgawe van die Global Cybersecurity Index (GCI) 2017, wat deur die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) vrygestel word, Namibië in die rooi kategorie plaas as dit by toewyding aan kubersekuriteit kom. Dit is ‘n aanduiding dat min aandag hieraan bestee word.
“Namibië is in die 13de plek uit 15 lande – net bo Swaziland en die Demokratiese Republiek die Kongo,” het Hikumwah gesê.
Hy het gesê die meeste van die 44 Afrikalidlande vaar swak op die indeks, met die uitsondering van Suid-Afrika, Kenia en Nigerië.
In die SADC self is Mauritius die voorloper op die GCI, gevolg deur Suid-Afrika en Botswana.
Mauritius tel selfs onder die wêreld se toptien as dit by voorbereiding in kubersekuriteit kom.
Hy het gesê die regering se rol in kubersekuriteit sluit in om infrastruktuur beskikbaar te stel en as reguleerder op te tree. Boonop is die regering ‘n eindverbruiker.
HIER OM TE BLY
Volgens Hikumwah het die aantal toestelle wat met die internet verbind is, wêreldbevolkingsgetalle reeds tussen 2003 en 2010 verbygesteek. Na raming is tans 23,14 miljard toestelle met die internet verbind, terwyl die wêreldbevolking op 7,6 miljard mense staan.
“Na verwagting sal daar teen 2020 sowat 50 miljard toestelle aan die internet verbind wees,” het Hikumwah gesê.
Hikumwah sê IoT verwys na ‘n netwerk van voorwerpe, wat insluit toestelle, motors, geboue, elektronika, sagteware en sensors, wat deur die internet aan mekaar verbind is en data uitruil. Volgens hom bestaan die toestelle lankal reeds, maar was dit nog nooit vantevore in so ‘n mate met mekaar verbind nie.
“IoT sal na verwagting die katalisator vir die vierde nywerheidsrewolusie wees. Tans het IoT verskeie uitdagings, wat sekuriteit insluit.
“Die probleem is alles is ontwerp om inligting te deel – van die strepieskode, netwerke en IoT-stelsels, met sekuriteit wat slegs as ‘n nagedagte gekom het.
“‘n Ander benadering is nodig vir IoT-tegnologie – veral waar dit belangrike finasiële en persoonlike inligting bevat,” het hy gesê.
Hikumwah stel voor biometriese bevestiging, soos die gebruik van vingerafdrukke en stemherkenning, kan ‘n beter manier wees om data te beveilig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie