Namibiu00eb in hittegolf se greep
Namibiu00eb in hittegolf se greep

Namibië in hittegolf se greep

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor het ’n weerwaak teen hittegolf-toestande vir môre uitgereik.

Dit is van toepassing op die verre Noorde en die ||Kharasstreek, waar die kwik na verwagting op plekke tot bó 40 grade Celsius sal styg.

Volgens die weerkantoor sal Eenhana môre die warmste plek in die land wees, met ’n maksimum temperatuur van 42 °C wat voorspel word, terwyl die minimum slegs tot op 25 °C sal sak. Gobabis se voorspelde minimum en maksimum temperature sal 21 °C en 41 °C wees, terwyl snikhete temperature van 20 °C en 39 °C ook vir Grootfontein voorspel word.

Okaukuejo, Omuthiya, Ondangwa, Outapi, Sesfontein, Karasburg en Khorixas se maksimum temperatuur sal 38 °C wees.

LandWater, die nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, het vanmiddag gesê Namibië “kry dit behoorlik” as dit by die hittegolf oor die Suider-Afrikaanse binneland kom.

“Dit raak jaarliks ’n sterker (warmer) verskynsel in Oktober.

“Dit help die land opwarm, wat dan ook sal help dat die seisoen vinniger swaai. Dit is egter mits daar groot donderwolke na Sentraal-Afrika verrys wat 'n sterker temperatuurverskil dryf,” het LandWater verduidelik. “Die hittegolf het verlede jaar rofweg ’n week later sy verskyning gemaak. . .”

“Kortliks, daar is 'n hoogdrukdeksel in die bolug, wat veroorsaak dat die son se hitte oornag beter vasgehou word.
“Dit beteken die hitte kan nie doeltreffend oornag via straling ontsnap nie, dus begin die nuwe dag se sonskyn met 'n ‘hoër basishitte’ . . .”

LandWater verduidelik dat reën in Suider-Afrika tans “asemskep”, terwyl “’n bietjie van die koue” van ’n volgende verbysnelfront wel teen Vrydag oor die Oostelike kus ingestoot sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!