Namibië is nat
Tanja Bause - Goeie neerslae is verlede week dwarsoor Namibië aangeteken met verskeie riviere wat weer vir die eerste keer in jare gevloei het. Invloei is ook by die Von Bachdam aangeteken wat nou 15,7% vol is teenoor die vorige 15,3%. Die dam staan tans op 7,622 Mm³ en teen Vrydagoggend het 1,6 m³ water die dam elke sekonde binnegeloop.
Die Omatakodam staan tans op 1% en het 'n minimale hoeveelheid water sedert Maandag bygekry toe dit op sowat 0,9% gestaan het. Ook die Nautedam het die afgelope week 'n goeie invloei van water gehad en het teen Vrydagoggend van 74,5% tot 75,3% gestyg. Die dam het altesaam 0,689 Mm³ water bygekry, met water wat die dam teen Vrydag teen 'n tempo van 2 m³ per sekonde binnegevloei het.
Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo styg steeds en volgens die jongste hidrologiese verslag staan dit nou op 1,57 m, wat hoër is as normaal vir dié tyd van die jaar. Die Kavangorivier by Rundu het met 3 cm gestyg en staan nou op 5,16 m. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar was die watervlak 5,57 m.
In die suide van die land is die Oranjerivier se watervlak by Blouputsstasie op 0,46 m en by Sendlingsdrift op 0,5 m gemeet. 'n Week gelede was die vlakke by Blouputsstasie 0,61 m en by Sendlingsdrft 0,12 m.
In die Noorde het Camp Ndurukoro, sowat 145 km van Rundu, sedert 17 Desember verlede jaar tot op 27 Januarie ongeveer 500 mm reën ontvang. Die plaas Wilhelmstal-Sud spog ook met syfers van tussen 50 mm en 60 mm reën wat uit meters gegooi is. Volgens die weerkantoor in Windhoek kan Rundu, Ondangwa en Windhoek Woensdag en Donderdag geïsoleerde buie verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie