Namibië is nog vreedsaam
Die Instituut vir Ekonomie en Vrede het 'n ranglys opgestel van hoe vreedsaam of gevaarlik 163 lande in die wêreld is.
Francoise Steynberg
Namibië is onder die top-50 vreedsaamste lande in die wêreld en beklee die agtste plek onder lande suid van die Sahara.
Volgens die Instituut vir Ekonomie en Vrede se Wêreldvrede-indeks vir 2017 lê Namibië 49ste op die ranglys van 163 lande in die wêreld wat die minste gevaarlik is.
Goeie nuus is dat die wêreld 'n bietjie minder gevaarlik as 'n jaar gelede is. Oor die algemeen het 93 lande meer vreedsaam geword en 68 gevaarliker.
Die elfde uitgawe van die verslag het 'n ranglys opgestel van hoe vreedsaam of gevaarlik 163 onafhanklike lande is. Die 163 lande bevat meer as 99,7% van die wêreld se bevolking en gebruik 23 aanduiders op 'n skaal van een tot vyf.
Die indeks meet wêreldvrede volgens drie aspekte: die vlak van veiligheid en sekuriteit in die samelewing, die mate van plaaslike en internasionale konflik en die graad van militarisering.
Sirië bly die gevaarlikste land in die wêreld vir die tweede agtereenvolgende jaar sedert die begin van die burgeroorlog in 2013.
Irak en Afganistan bly ook van die vyf gevaarlikste lande in die wêreld, net soos Sirië sedert 2013.
Suid-Soedan is nou die vierde gevaarlikste land wat 'n stadige afwaartse neiging in onlangse jare ervaar het en 15 plekke op die ranglys geval het sedert dit in 2011 onafhanklik van Soedan geword het.
Met Jemen se agteruitgang is dié land nou die vyfde gevaarlikste plek. Dit was sesde verlede jaar en het aansienlik op die indeks geval sedert 2008.
Die 10 gevaarlikste lande is Sirië, Afganistan, Irak, Suid-Soedan, Jemen, Somalië, Libië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan en Oekraïne.
YSLAND BO
Aan die ander kant van die skaal het Ysland sy posisie as die vreedsaamste land in die wêreld behou. Dié land beklee die eerste posisie elke jaar sedert 2008.
Denemarke het van die tweede plek tot die vyfde vreedsaamste land geval met Portugal wat opbeweeg het tot die derde plek - die hoogste op die ranglys sedert die begin van die indeks.
Die 10 vreedsaamste lande is Ysland, Nieu-Seeland, Portugal, Oostenryk, Denemarke, Tsjeggië, Slowenië, Kanada, Switserland en Japan.
Europa bly die vreedsaamste geografiese streek in die wêreld.
Terwyl 23 uit die 36 lande in Europa hoër op die vrederanglys geklim het, het die gemiddelde vrede nie baie verander nie weens die aansienlike agteruitgang in Turkye, die impak van die terroristeaanvalle in Brussel, Nice en Parys en die swak betrekkinge tussen Rusland en sy Nordiese buurlande.
Die Midde-Ooste en Afrika gaan steeds gebuk onder dieselfde streekskonflikte wat beteken die gevaarlikste lande in die wêreld van 2016 het net so onstabiel gebly.
Wat die vreedsaamste lande suid van die Sahara betref, beklee Namibië die agtste plek. Mauritius is die vreedsaamste in die streek, gevolg deur Botswana, Sierra Leone, Zambië, Ghana, Madagaskar, Malawi, Namibië, Tanzanië en Senegal. Namibië se buurland, Suid-Afrika, is die 29ste gevaarlikste land in die streek en 41ste gevaarlikste land in die wêreld.
MEER VREDESMAGTE
Sleutelbevindinge van die verslag is dat die aantal aktiewe vredesmagte die afgelope 25 jaar verdubbel het van sowat 50 000 tot 100 000 ontplooide personeel.
In die begin van 2017 was daar 21 aktiewe vredesoperasies in die wêreld. Van die 100 000 ontplooide personeel is sowat 85% van vredesmagte militêre troepe en 15% polisie, kundiges of militêre waarnemers.
Die gemiddelde missie duur 31 maande en daar is vyf voortdurende missies wat meer as 26 jaar oud is. In 2016 is 94% van vredesmagte ontplooi in lande suid van die Sahara, Noord-Afrika en die Midde-Ooste.
Daar is 'n aansienlike verhoging in die aantal vredesmagte ontplooi in die Midde-Ooste en Noord-Afrika sedert 2005. Die globale ekonomiese impak van geweld is US$14,3 triljoen, wat 12,6% van die wêreld se bruto nasionale produk (BBP) uitmaak.
Dit is gelyk aan US$5,40 per persoon per dag wêreldwyd. Militêre besteding internasionaal is US$5,62 triljoen. Namibië se totale begroting vir die ministerie van verdediging is N$5,7 miljard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie