Namibië jubel!

Reën val wyd, maar steeds nie oral nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Ofskoon daar nog dele in die land is waar min tot feitlik geen reën geval het nie, juig ­Namibiërs sedert einde verlede week oor goeie neerslae op talle plekke.

Danksy riviere wat in die opvanggebiede van drie van die groot opgaar­damme loop, het die Swakoppoort-, Omatako- en Hardapdam water gekry. Laasgenoemde dam se vlak het teen 11:00 gister op 48,8% van sy kapasiteit gestaan, wat beteken dit het met 7,3% sedert die vorige Maandag gestyg. Water loop steeds in die dam in.

Die Omatakodam, wat voor die naweek nog dolleeg was, het nou 2,0% water in, terwyl die Swakoppoortdam ook met 0,3% van 38,9% tot 39,2% gestyg het.

Hierdie twee damme verskaf saam met die Von Bachdam (nou op 54,2%) water aan Windhoek en ander dorpe in Sentraal-Namibië.

Foto's en video's van verskeie riviere wat kant tot wal loop, is die ­afgelope dae op die Facebook-blaaie “Reën in Namibia” en “Namibië Boere” geplaas.

Dit sluit in die Löwen-, Hudup-, Kub-, Konkiep-, Kuiseb- en ­Visrivier in die suide en suidweste van die land. Die Omaruru-, Swakop- en die ­Omatakorivier het ná goeie reën in die sentrale dele ook geloop.



sopnat

Dit blyk uit plasings op hierdie twee blaaie dat 90 mm Sondagnag by Schlip geval het, terwyl sowat 69 mm ook op 'n plaas naby Karasburg gemeet is.

Me. Mary Diergaardt van 'n plaas naby Klein Aub sê hulle het sedert Donderdag reeds 100 mm gemeet, terwyl goeie buie ook op Bethanie en op die sogenaamde vloere tussen ­Maltahöhe en Zarishoogte uitgesak het. Karibib het Sondag 38 mm gehad en in die omgewing van Heja Lodge buite Windhoek is 50 mm gemeet.

Op Kalahari-plaas by Kalkrand het 65 mm reën Sondag geval, terwyl dit Maandagmiddag 80 mm binne 'n halfuur op 'n plaas 40 km oos van Dordabis in die rigting van Leonardville gereën het.

Me. Liesbet Nel Jansen van Vuuren skryf op Reën in Namibia: “Gisternamiddag (Maandag) het ons 5 km buite Otjiwarongo by Lion's Den Guest House binne 1 uur 70 mm reën ontvang. Vanaf verlede Woensdag tot gister het ons 160 mm reën ontvang. Baie, baie dankbaar.”

Daar is egter plekke waar boere en die inwoners van dorpe nog met groot kommer op reën wag, blyk dit uit ­plasings op “Reën in Namibia”.

Dit sluit in Usakos en die dele wes daarvan, Omaruru self (hoewel dit in die omgewing gereën het), Khorixas, die gebied tussen Keetmanshoop en Grünau, Koës, Aroab, Aranos en Aus.

Mnr. André Smit skryf: “My seun is in die Suide teen die Oranjerivier (en) dis nou die 4de jaar wat dit nie reën nie. Baie van die diere is al dood en sy voer kos hom so N$20 000 'n maand vir die paar diere wat nog oor is.”

Verspreide donderbuie word vandag vir die suidoostelike helfte van die land voorspel, terwyl ­wydverspreide donderbuie ook oor die Zambezi­streek verwag word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!