Namibië, klein maar getrein...

Jeugspele
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibië se medaljeoes die afgelope twee weke by die 2018 Afrika Jeugspele in Algiers, waaraan 41 lande deelgeneem het en algeheel negende geëindig het, word as 'n reuse-sukses beskryf.

Volgens die amptelike webblad van die Jeugspele het die Namibiërs aan elf sportkodes deelgeneem waar hulle agt goud-, sewe silwer- en 13 bronsmedaljes vir 'n totaal van 28 in individuele sowel as spankompetisies opgeraap het.

Wanneer die totale van die verskillende kodes egter bymekaar getel word, is dit 29 wat een meer is as wat aangedui word en volgens die Spele se kuberkantoor het Namibië aan 'n skietsport deelgeneem, wat nie die werklikheid was nie.

Die verdeling volgens die geslagte is dat die seuns twaalf (drie goud, vier brons, vyf silwer) en die meisies 14 medalljes (vier goud, twee silwer, agt brons) en 'n gemengde span een silwer gewen het.

Die meeste medaljes (elf) is deur die gimnaste losgeslaan wat vyf goud, twee silwer en vier brons insluit. Die Namibiese Gimnastiekfederasie (NGF) is beloon vir sy geloof om betaling vir meer gimnaste se toer te bewerkstellig as die twee wat die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) glo kon bekostig.

Die swemmers het die tweede meeste medaljes (ses) verower, wat uit een silwer en vyf bronsmedaljes bestaan.

Dit word gevolg deur boogskiet (een goud en een silwer) asook die stoeiers wat twee bronsstukke bekom het.

Namibië se lys medaljewenners:

Atletiek: Ludwig Huber (brons in paalspring).

Boogskiet: Kadetvroue terugbuigboogskiet, Quinn Reddig (individuele goud). Kadet spankompetisie: Quinn Reddig en Adriaan Grobler (silwer).

Bergfietsry: Alex Miller (goud in veldresies).

Gimnastiek: Emill Pitt (artisties, silwer en goud, vloer en sprong). Trampolien: Lance Potgieter (silwer). Tuimel, Thalia Loveira (brons). Trampolien en tuimel: Carané van Zyl (beide goud). Seunspan (trampolien): Lance Potgieter, Kamaz Nechville en Zacheo van Vuuren (brons). Meisiespan trampolien en tuimel: Thalia Loveira en Carané van Zyl (brons).

Hokkie meisiespan (silwer ná Suid-Afrika): Kiana Cormack (kaptein), Sonnet Crous, Jahntwa Kruger, Danja Meyer, Tara Myburgh, Kaela Schimming, Carien Rooyen, Joane van Rooyen en Celé Wessels.

Karate: Mayvonne Swart (brons in kata).

Perdesport, skouspring individuele kompetisie: Jessica Kreiner (silwer).

Sewesrugby (silwer ná Suid-Afrika): Bernhardt Wessels (k), William Otto, Sarel Louw, Jeandré Loubser, Lianzo Cupido, Le Roux Booysen, !Gonteb Donell, Romario Janga, Erik Strauss, Lyle Beukes, Donavan Resandt en Aston Mukwiilongo.

Stoei: Asino Festus, 45 kg (brons), Jastice Saaiman, 55 kg (brons).

Swem: Heleni Stergiadis vier bronsmedaljes (400 vryslag, 200 individuele wisselslag, 100 rugslag, 200 rugslag); Ronan Wantenaar (100 borsslag silwer, 200 borsslag brons).

In die algehele kompetisie het Egipte boaan die lys met 199 medaljes (101 goud) geëindig, gevolg deur die gasheerland Algerië met 226 (71 goud) en Tunisië met 136 (36 goud). Marokko was vierde en Nigerië vyfde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!