Namibië kry eerste Covax-besending
Die Covid-19-inentingsveldtog het na die ||Kharasstreek uitgebrei en die tweede ronde inentings het reeds in Khomas begin.
Tanja Bause – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het Saterdag aangekondig die Covid-19-inentingsveldtog word na die ||Kharasstreek uitgebrei en in Windhoek by die Rhino Park Private Hospitaal.
“Meeste streke, indien nie al die streke nie, sal vanaf vandag met die inentingsveldtog begin. Tot dusver is 3 353 mense in Khomas, 1 093 in Erongo en 47 in die ||Kharasstreek ingeënt,” het hy gesê.
Vrydag het die eerste 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof in Windhoek aangekom. Volgens Shangula het die regering reeds in September 2020 'n nie-bindende voorneme gemaak om aan Covax deel te neem.
“Drie weke later, aan die begin van November, het ons ‘n toewydingsooreenkoms onderteken om 1 016 400 dosisse teen ’n bedrag van N$139,7 miljoen van Covax as ‘n selfgefinansierende lidland te verkry.”
’n Maand later het die regering N$29 miljoen betaal. Die gesondheidsministerie het ’n finansiële waarborg aan Gavi (Entstof Alliansie) vir die uitstaande bedrag van U$9 096 780 vir die res van die dosisse in Desember uitgereik.
“In Januarie het ons ’n brief van Covax ontvang waarin gestipuleer word dat ons tussen 127 200 en 213 600 dosisse van AstraZeneca AC1222 teen einde van Februarie sal ontvang.
Covax het Namibië op 15 Februarie vir die invoerlisensie en goedkeuring van AstraZeneca gevra. Twee weke later het Covax die ministerie meegedeel dat 108 000 dosisse AstraZeneca-entstof aan Namibië toegeken is wat gedurende Mei 2021 afgelewer sal word.
“Vrydag het ons uiteindelik ná talle vergaderings en oproepe die eerste 24 000 van 67 200 dosisse ontvang.”
“Dit is die eerste van nog talle besendings entstof wat ons in die komende paar maande sal ontvang, nie net van Covax nie, maar ook van ander vervaardigers en verskaffers wat ons gekontak het. Ek doen weer ’n beroep op alle Namibiërs wat in aanmerking vir die entstof kom om hulself te laat inent. Covid-19 is steeds hier en nuwe infekterings in alle ouderdomsgroepe kom nog daagliks in die land voor. Meer en meer mense word in hospitale opgeneem. Dra julle maskers, soos hulle gedra moet word, ontsmet jul hande en onthou sosiale afstand,” het Shangula gesê.
TWEEDE DOSIS
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het Vrydag haar tweede inenting van die Sinopharm-entstof by die Windhoek Sentrale Hospitaal ontvang. Saam met haar het talle ander Namibiërs ook hul tweede inentings gekry.
“Ek het vir my tweede dosis gekom en moedig alle Namibiërs wat in aanmerking kom om hulself te laat inent. Dit is belangrik dat hulle vir die opvolginenting kom,” het sy gesê.
STATISTIEKE
Teen Saterdag was daar 46 515 bevestigde gevalle in die land met 1 465 aktiewe gevalle. Altesaam 488 mense is weens Covid-19 dood, met 114 Covid-19-verwante sterftes. Altesaam 43 578 mense is onder kwarantyn geplaas, waarvan 42 001 ontslaan en 1 577 steeds in kwarantyn is. Altesaam 4 493 mense is teen 17 April ingeënt. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie