Namibië lewer kampioen van die viswaters
Hengel
Des Erasmus - Drie dae lank het meer as 70 hengelaars skouers langs die viswaters geskuur, maar uiteindelik het ‘n stonde van beslissing net ses minute geduur.
Dit was toe in die doodsnikke van die laaste dag waarin ‘n koeihaai van Leon Krauze van Namibië die kampioenhengelaar in die toetsreeks tussen Namibië en die Proteas van Suid-Afrika op die strande om Hentiesbaai gemaak het.
Dit was al pakkie wat die tuisreeks vir die Namibiërs se trofeekas opgelewer het, maar dit was die grootste. In die spankompetisies het die Suid-Afrikaners al ses die kategorieë gewen. Al wat vir hulle oorgebly het, was ‘n kans om ook die kampioen van die reeks op te lewer, maar op die drumpel van skoonskip het dit aan skerwe op die strande van Jakkalsputz gelê.
Op die derde en beslissende dag het Krauze tweede agter Charl Marais van die Proteas gelê met ‘n skamele 2,8 kg wat hom van Marais van die besoekers geskei het. Op die derde dag het Marais heel gou uitgesak, maar feitlik van nêrens het Gerrit Guse, ook van Suid-Afrika se seniors, verby kom skuur en voorgeloop.
Maar toe het die koeihaai ses minute voor die optrek van die lyne met sy genoeg is genoeg in die guns van die Namibiërs gekom. Die skaal het die haai op 25 kg getrek en die uitklophou het aan Namibië die kampioenhengelaar besorg. Die finale stand onder die voorste drie hengelaars was Leon Krauze met 234,2 kg, Gerrit Guse met 219,9 kg en Charl Marais met 211,6 kg.
Onder die drie hengelaars was Krauze se 13 visse die minste, maar die grootste. Guse het 22 visse gevang en Marais 20.
Die wegtrek van dag 3 was ook droewig vir die Namibiërs. Om 10:00 het Marais reeds vyf visse op die strand gehad teenoor Krauze se een. Vir die Namibiër was die kampioenskap ‘n besondere prestasie nadat hy ook vroeër die jaar in die nasionale kampioenskappe die wenhengelaar was.
Julia Hart, Namibië se voorloper in die kategorie vir vroue, het ook op die laaste dag uitgesak.
In die ses kategorieë van alles verlore vir Namibië was Suid-Afrika se senior mansspan die wenners met Namibië se seniors wel in die tweede plek. Die derde plek is deur Suid-Afrika se juniors beklee. Al ses die kategorieë wat deur die Proteas opgeraap is, was juniors, onder 21, vroue, seniors, meesters en grootmeesters.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie