'Namibië lieg oor Noord-Korea'
Namibië lê glo nie skriftelike bewyse en dokumentasie aan die Verenigde Nasies oor Noord-Korea se onttrekking aan die land voor nie.
Ronelle Rademeyer - Namibië is die naweek in ’n onderhoud met die private Amerikaanse televisiediens CNN daarvan beskuldig dat hy “oneerlik” is oor die beëindiging van Noord-Koreaanse kontrakte in die land.
Mnr. Hugh Griffiths, koördineerder van die Verenigde Nasies (VN) se paneel kundiges oor Noord-Korea wat die sanksies monitor, sê in die onderhoud die paneel wag al vir langer as ’n jaar vir “skriftelike bewyse en dokumentasie” wat toon dat Mansudae Overseas Projects (MOP) se kontrakte beëindig is en dat die Noord-Koreaanse werkers die land verlaat het.
Griffiths sê die regering voer net aan dit het gebeur, maar wil nie besonderhede verstrek nie.
Mansudae is in 2004 as M.O.P. Architectural & Technical Services (Namibia) in Namibië geregistreer.
Griffiths voer in die onderhoud met CNN aan dat Mansudae “’n kontantkoei vir die skurk-regering” van Kim Jong-oen is.
Hy verwys na die werk wat deur Mansudae in 14 Afrikalande gedoen is – “van ammunisiefabrieke tot presidensiële paleise en woonstelbokke” – en sê dit het Pjongjang se ekonomie met etlike miljoene Amerikaanse dollar versterk.
Die Nambiese regering hou in die onderhoud vol dat hoewel hy kontrakte gesluit het met Mansudae, die land “niks verkeerd” gedoen het nie.
Me. Netumbu Nandi-Ndaitwah, adjunk eerste minister en minister van buitelandse betrekkinge en internasionale samewerking, sê in die CNN-onderhoud “al die kontrakte is aangegaan voordat die sanksies deur die VN afgekondig is.
“Toe die sanksies ingestel is, moes ons daaraan voldoen en daarom het ons al die kontrakte beëindig,” sê sy.
Sy het verder aan CNN gesê die aktiwiteite waarby Noord-Korea in Namibië betrokke was, “kon nie werklik so baie geld gemaak het nie”.
Mansudae se bouwerk strek terug tot 2005 toe die Oorlogsmuseum op Okahandja opgerig is (wat steeds nie sy deure geopen het nie), tot die bou van die Heldeakker, Staatshuis, die wapenfabriek by die Oamites-weermagbasis en die Museum vir Onafhanklikwording.
Mnr. Chung Hyok, ’n bestuurder van die Namibiese tak van Mansudae, het vroeg verlede jaar in ’n onderhoud aan Republikein gesê die maatskappy tender binne die ope tenderproses, betaal belasting en verskaf markverwante pryse aan sy kliënte.
Hy, asook die besturende direkteur, mnr. Kim Tong-chol, het tydens die onderhoud ontken dat Mansudae ’n frontorganisasie vir die Noord-Koreaanse kernwapenvervaardiger KOMID, is.
Hulle het benadruk dat Mansudae ’n Namibiese entiteit is wat op gelyke voet met ander boukontrakteurs in die kontruksiebedryf meeding.
As voorbeeld het Chung genoem dat Mansudae die kontrakte gekry het om Cenored se kantore op Otavi en Tsumeb te bou.
Toe die onderhoud gevoer is, het Mansudae 100 Noord-Koreaanse werkers in diens gehad.
Namibië het in Junie verlede jaar toe VN-druk teen die land opgelaai het, bekend gemaak Mansudae se kontrakte is beëindig.
In Maart vanjaar het Chung sy selfoon beantwoord toe Republikein hom gebel het. In daardie stadium het Mansudae pas die opknappingswerk en aanbouings ter waarde van N$13 miljoen aan ’n gastehuis van die ministerie van verdediging in Jasperstraat, Academia, voltooi.
Verlede week het Republikein die selfoonnommer van Kim gebel. Dit het gelui, is maar byna dadelik doodgedruk.
Volgens die VN-paneel is hy nou die adjunk besturende direkteur van Qingdao Construction, die Chinese kontruksiemaatskappy wat Mansudae se kontrakte in die land oorgeneem het.
Hy woon volgens VN-inligting in ’n luukse huis in Herbststraat in Ludwigsdorf.
Nandi-Ndaitwah
In die onderhoud met CNN hou Nandi-Ndaitwah vol Namibië het alle kontrakte beëindig en dat alle Noord-Koreaanse kontruksiewerkers die land verlaat het.
Griiffith bevraagteken egter wat sy sê. Volgens hom wag die VN-paneel al vir langer as ’n jaar vir Namibie se antwoorde op spesifieke vrae.
“Dit is nie genoeg om met die media te praat nie. Dit is nie genoeg om te sê jy is deur die VN vrygespreek van oortreding van die sanksies teen Noord-Korea nie, want dit is nie waar nie. Die paneel werk met harde feite, met bewyse, en dit is waarvoor ons vir maande lank reeds vrae,” sê hy in die onderhoud.
Oor Nandi-Ndaitwah se reaksie dat die paneel na Namibië genooi is om ondersoek in te stel, sê hy sy voorganger was in 2013 in die land terwyl Mansudae besig was met bouwerk aan die basis by Oamites in direkte verbreking van die VN-sanksies.
Volgens hom stamp ’n donkie nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie en daarom stel die paneel nie belang om hierheen te kom vir ’n “toeristebesoek” nie. “Ons wil die bewyse sien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie