Namibië maak skoonskip by Hardap

Hengel
Die Namibiese Ligtegerei-boothengelvereniging (NLTBFAA) was verlede week by Hardapdam die gasheer van die jaarlikse Streek Vyf-kompetisie wat tradisioneel tussen Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe gehou word.

Zimbabwe het soos die vorige twee jaar nie aan dié kompetisie deelgeneem nie. Dus is sake vanaf 28 tot 30 November tussen Suid-Afrika en Namibië uitgespook. Deelnemers het twee oefendae benut voordat die kompetisie verlede Woensdag amptelik om 07:00 afgeskop het.

Met die intrapslag het die gasheer gewys hy is oorgehaal vir die gedugte spanne van Suid-Afrika, met die Namibiese spanne wat boaan die punteleer geëindig het. Net die veteranespan kon nie die mas opkom nie, maar die senior-, o.21-, o.16-, vroue-, president- asook die twee ontwikkelingsspanne het die pas teen die Proteas aangegee.

Op dag twee het die seges vir Namibië voortgeduur met al sy spanne wat opnuut die eerste plekke in die onderskeie kategorieë opgeraap het. Met die tweede dag se resultate veilig in hul hounette, het die Namibiese senior-, o.21-, o.16-, president- en die twee ontwikkelingsspanne reeds die spankompetisie beklink wat volgens die Grand Prix-puntestelsel bepaal word.

Vrydag het Namibië sy voorsprong in al die afdelings vergroot en om die kroon te span, het die veteranespan ook die dag ingepalm, wat ‘n klinkende oorwinning aan die gasheer besorg het.

André Theart, voorsitter van die NLTBFAA, vertel Namibië se massiewe sukses is ‘n eerste in die land se geskiedenis.

“Al die spanne het vooraf deeglik beplan en goeie voorbereiding getref. Die deelnemers was toegewyd en vasbeslote om te wen. Die ongelooflike kameradie tussen ons het ‘n oorwinning verseker. Die sleutel tot sukses is dat al die spanne vanaf die begin af saam gepraat en saam gewerk het om Namibié as een groot span te verteenwoordig. Daar word nie onderskeid tussen die onderskeie spanne getref nie,” het Theart verduidelik.

Hengel is nie n toeskouersport nie, dus wil die NLTBFAA al die goedhartige skenkers vir hul bydraes aan die spanne bedank wat gehelp het om hul doelwit te bereik. Die NLTBFAA bedank Industrial Controll Engineering, BDO Walvisbaai, Indongo Toyota, Lewcor, Standard Bank Versekeringsmakelaars, Bank Windhoek (Okahandja), Namibia Lubrication Systems, ITR en Outdoor Centre.

Uitslae van die Internasionale kompetisie

o.16. 1 Namibië, 2 Proteas A, 3 Proteas B. o.21. 1 Namibië, 2 Proteas A, 3 Proteas B. Vroue. 1 Namibië, 2 Proteas B, 3 Proteas A. Veterane. 1 Namibië, 2 Sassac. Mans. 1 Namibië, 2 Proteas.

Uitslae vir die Festival-kompetisie

o.16. 1 Namibië, 2 Proteas A, 3 Proteas B. o.21. 1 Namibië, 2 Proteas A, 3 Proteas B. Vroue. 1 Namibië, 2 Proteas B, 3 Proteas A. Mans. 1 Namibië senior-span, 2 Namibië Ontwikkelings-B-span, 3 Namibiese Presidentspan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!