Namibiu00eb met wu00eareld verbind
Namibiu00eb met wu00eareld verbind

Namibië met wêreld verbind

Tanja Bause
Tanja Bause

Namibiese radio-amateurs het die naweek aan ’n internasionale velddag in Windhoek en op Swakopmund deelgeneem.

Volgens mnr. Robert Schenk van Windhoek het Namibië met 444 stasies oraloor die wêreld kontak gemaak.

“Ons dink Japan het die kompetisie gewen, maar dit moet alles nog geverifieer word wat sowat ses maande kan neem en dan sal ons met sekerheid weet,” het hy gesê.

Mnr. Werner Müller, die president van die Namibiese Radio-amateur Liga het gesê die kompetisie vir Streek 1 sluit Europa en Afrika in.

“Die wêreld is in drie streke ingedeel; met Noord- en Suid Amerika in een streek en Oseanië wat Australië, Nieu-Seeland, Japan en die Pasifiese Oseaan se eilande insluit. Ons is deel van Streek 1.”

“Radio-amateurs van oraloor die wêreld kan deel van die International Amateur Radio Union (IARU) Region 1 Field Day wees. Dit hoef nie ’n radiostasie te wees nie. Jy kan by jou huis sit en wanneer iemand jou roep kan jy antwoord en deelneem. Dit gaan alles oor punte. Jy kry drie punte vir ’n land en een punt vir elke stasie in die land waarmee jy kontak maak.”

“Dié dag gaan daaroor om met die wêreld oor kortgolf kontak te maak. Ons het op ’n plot by Ondekaremba buite Windhoek ’n antenna en stasie met ons radiotoerusting opgestel. Die kompetisie was oor 24 uur vanaf Saterdag 15:00 af,” het Schenk gesê.

Die velddag is ‘n uitstekende geleentheid vir klubaktiwiteite op uiteenlopende gebiede, soos antenna-ontwerp, konstruksie en oprigting en onderhoud van kragopwekkers.

Die reëls vir deelname aan die kompetisie is dat alle toerusting moet bestaan uit draagbare toerusting, draagbare antennas en kragbronne wat onafhanklik van die kraglyn is. Die gebruik van bestaande of voorheen geïnstalleerde toerusting word nie toegelaat nie en deelnemers mag ook nie die bestaande kragnetwerk benut nie.

Die stasie en antenna mag slegs 24 uur voor die begin van die kompetisie geïnstalleer word; die antennas mag nie aan huise of ander permanente geboue geheg word nie; en die afstand na die volgende kraglyn of bewoonde huise moet ten minste 100 m wees.

NOODDIENSTE

Radio-amateurs word wêreldwys as ’n stokperdjie gesien, alhoewel hulle ook as nooddienste kan dien.

“As daar iets gebeur soos byvoorbeeld nou in Florida met die orkaan en die selfoontorings is oorlaai of buite werking, en die kommersiële herhalers is buite werking, kan ’n radio-amateur met ’n stuk draad ’n antenna bou en kommunikasie verseker,” het Müller gesê.

In Namibië is daar tans 120 gelisensieerde radio-amateurs waarvan slegs 15 aktief is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!