Namibiu00eb 'n groot elektroniese ashoop
Namibiu00eb 'n groot elektroniese ashoop

Namibië 'n groot elektroniese ashoop

Die land is verantwoordelik vir 14 000 metrieke ton e-afval per jaar.
Tanja Bause
Tanja Bause



Namibië is een van die lande wat die meeste elektroniese afval in Afrika oplewer.

Volgens 'n elektroniese afval-studie van die Verenigde Nasies (VN), die Internasionale Telekommunikasie-­unie (ITU) en die Internasionale Soliede Afval-vereniging (ISWA) is Namibiërs­ se relatief hoë lewenstandaard die hoofrede hiervoor.

Van die 53 lande in Afrika is Namibië die een wat gemeet in kilogram per inwoner, die sewende meeste e-afval oplewer. Die land lewer meer e-afval as inwoners van onder meer Suid-Afrika, Nigerië en Kenia. Elke Namibiese burger lewer sowat 6 kg se e-afval per jaar, wat beteken 14 000 metrieke ton e-afval in totaal per jaar.

Seychelle is tans die Afrikaland wat die meeste e-afval produseer, gevolg deur Liberië, Mauritius, Botswana, Gaboen, Algerië, Namibië, Suid-­Afrika, Tunisië en Egipte.

Volgens die studie is daar 'n direkte verband tussen lewenstandaarde en die hoeveelheid e-afval wat voortgebring word.



meeste afval

Egipte en Suid-Afrika lewer die grootste totale hoeveelhede e-afval, gevolg deur Nigerië. Die rede hiervoor is die grootte van hul bevolking.

Wêreldwyd bring Noorweë, die Verenigde Koninkryk en Denemarke die meeste e-afval voort.

Noorweë se e-afvalsyfer staan op 28,5 kilogram per inwoner per jaar.

Dit is byna vyf keer meer as wat Namibië per inwoner lewer.

E-afvalmaatskappye soos Nami­Green bestuur die toenemende hoeveelheid e-afval in Afrika en het onlangs met werksaamhede in Namibië begin.

Volgens me. Estelle Hein van die Windhoek-munisipaliteit se soliede afvalbestuur-afdeling kan van alle e-afval in die houer by die Kleine Kuppe-stortingsterrein of Kupferberg ontslae geraak word.

“Alles wat met 'n kragprop of 'n battery werk, val in dié kategorie. Dit sluit huishoudelike items van yskaste tot ketels in.

“Dit sluit onder meer ook rekenaars en hul toebehore, en telekommunikasietoestelle in. Ons is nog aan die beginfase van onderhandelinge met Transworld E-Waste sodat hulle die afval bymekaarmaak en Suid-Afrika toe stuur,” het Hein gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!