Namibiu00eb: u2019n Land soos nu00earens elders
Namibiu00eb: u2019n Land soos nu00earens elders

Namibië: ’n Land soos nêrens elders

Yandi Du Plessis
Vir die vierde seisoen van die SAFTA-bekroonde reisprogram Elders, het Erns Grundling, die Suid-Afrikaanse digter, joernalis en reisentoesias, en natuurlik die kameraspan, na Namibië gereis om ons woestynland van hoek tot kant te verken.

Die aanbieder sê hy is “rasend opgewonde” vir dié seisoen wat vanaand om 20:30 op kykNET afskop.

“Dit was 'n hengse voorreg om meer as 40 dae deur ons geliefde buurland te reis en iets van die ongelooflike natuurskoon en gasvrye mense te probeer vasvang. My wens vir hierdie reeks is dat kykers wat nog nie Namibië besoek het nie, inspirasie sal vind en planne maak vir 'n vakansie daar. En diegene wat reeds daar was, sal hopelik onthou waarom hulle so lief is vir die land en sy mense en weer soontoe reis,” het Erns op Facebook geskryf.

Volgens hom het dié “road trip van 'n leeftyd” sy oë van voor af oopgemaak vir Namibië se wonderlike natuurskoon en mense, en hy is “opnuut verlief op die land”.

Sonder om té veel te verklap, sê Erns dat daar wel ’n paar bekendes by hom aansluit.

“Ek is veral opgewonde oor die wonderlike Namibiërs wat in hierdie reeks saam met my stap – of dit nou gidse, boere of ander plaaslike inwoners is,” sê hy.

Hoewel hy Namibië al verskeie kere besoek het, sê Erns dit “voel elke keer soos ’n tuiskoms”.

Met die plaaslike toerismebedryf wat tans onder die Covid-19-pandemie gebuk gaan, hoop Erns hierdie seisoen kan ’n inspirasie wees.

“Namibië se toerisme het die afgelope jaar, net soos Suid-Afrika s’n, geweldig swaargekry. Dit is altyd vir my wonderlik om van kykers te hoor wat die reeks geniet het en dan self na die plekke te reis. Internasionale reis gaan waarskynlik vir ’n geruime tyd nie haalbaar wees nie, en Namibië is ’n puik, veilige en bekostigbare bestemming.”

Die reeks bestaan uit 13 episodes wat op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Daarna word die episodes Dinsdae om 20:30 op kykNET&Kie herhaal.
Bron: kyknet.dstv.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!