Namibië ’n topbestemming vir 2020
Travel Lemming beskryf die land as die toekoms van avontuurtoerisme.
Francoise Steynberg - Namibië is gekies as een van die 30 beste opkomende toeristebestemmings vir 2020.
Die wenners is deur 30 van Travel Lemming, ’n reisblog-webtuiste, se gewildste reisbloggers gekies, wat gesamentlik sowat 12 miljoen volgelinge op sosiale media het.
Namibië lê 13de op die lys van die top-30. Ander Afrikalande is Rwanda in die vierde plek en Ethiopië in die 30ste plek.
“As jy in 2020 van die skares wil wegkom en die natuur soos nog nooit tevore ervaar, plaas jy Namibië heel boaan jou reislys,” lui ’n artikel oor waarom Namibië gekies is.
“Jy sal deur die miljoene jare oue Sossusvlei-duine en anderwêreldse landskappe bekoor word, wat jy nog nooit gesien het nie. Jy sal verlief raak op die Visriviercanyon met sy diep afgronde so indrukwekkend dat vergelykings met sy gewilde Amerikaanse nefie getref word,” sê die artikel verder.
“Avontuursoekers sal versot wees op valskermspring oor die unieke landskappe naby Swakopmund. O, en jy sal genoeg geleenthede hê om op ’n tradisonele Afrikasafari te gaan, maar sonder die skares safarivoertuie wat oor jou pad kom.”
Die land word beskryf as rou, die ware Jakob en gereed vir toeriste.
“Namibië is die toekoms van avontuurtoerisme.”
Een van die beoordelaars en ’n reisblogger van The Planet D, Deb & Dave, skryf Sossusvlei se reuseduine in die Namib Naukluft Nasionale Park lok baie besoekers van oraloor die wêreld, “maar ons is betower deur die Visriviercanyon, die grootste canyon in Afrika, van 550 m diep.”
Hulle skryf ook Windhoek is ’n lekker uitspanplek ná hul fietstoer deur die Kalahariwoestyn.
Ander bestemmings onder die top-30 is Georgië, Nova Scotia in Kanada, die Cook-eilande, Rwanda, Kirgistan, Ecuador, Gothenburg in Swede, Churchill in Kanada, Dominica-eiland in die Karibiese gebied, Oesbekistan, Launceston op die Tasmaniese eiland van Australië, Rovinj in Kroasië, Aarhus in Denemarke, die Noordelike Gebied van Australië, Prins Edward-eiland in Kanada, Colorado Springs in Amerika (VSA), La Paz in Mexiko, Estland, Lausanne in Switserland, suidelike Laos, Libanon, Poznan in Pole, Paso Robles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, Navarre-strand naby Florida in die VSA, McLaren Vale in Australië, die Laurel-hooglande in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië, Azerbaidjan, Paraguay en Ethiopië.
Travel Lemming is deur die Amerikaner Nate Hake gestig, wat die wêreld sedert 2016 platreis.
Die webtuiste het ten doel om onbekende, opkomende bestemmings blootstelling te gee om oortoerisme teen te werk.
Hulle nooi lesers ook uit om vir hul gunstelingbestemming te stem met ’n wenner op elke vasteland, wat dan met die jaarlikse Leserskeuse-toekenning kan wegstap.
Besoek travellemming.com vir meer besonderhede.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie