Namibiu00eb nie in toptien veiligste vakansielande
Namibiu00eb nie in toptien veiligste vakansielande

Namibië nie in toptien veiligste vakansielande

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië is die land gereed om internasionale toeriste terug te verwelkom.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Namibië is nie op die ranglys van die toptien veiligste vakansielande midde die Covid-19-pandemie nie.

Net een Afrikaland – Namibië se oostelike buurland, Botswana – het die toptienlys gehaal.

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) het by monde van sy uitvoerende hoof, me. Gitta Paetzold, gesê HAN is saam met die Namibië Toerismeraad (NTB) en ander owerhede vol vertroue dat alle relevante en voldoende maatreëls in plek is om ’n veilige reis vir internasionale toeriste in Namibië te verseker.

“Dit is getoets en bewys deur die honderde Namibiërs wat van die plaaslike toerismepromosies sedert Mei gebruik gemaak het. Dit is net so veilig vir internasionale reisigers om die wye, oop ruimtes van Namibië te geniet,” sê Paetzold.

Tourlane, ’n toerismemaatskappy gebaseer in Berlyn in Duitsland, het onlangs ’n studie gedoen om die veiligste vakansiebestemmings tydens die Covid-19-pandemie te bepaal.

Hul toptien veiligste bestemmings in die wêreld is Thailand, Jordanië, Frans-Polinesië, Griekeland, Uruguay, Italië, Kambodja, Japan, Ierland en Botswana.

Die maatskappy het data versamel rakende die ure van sonskyn per dag vir buitelugaktiwiteite, asook die nasionale aanmelding van nuwe Covid-19-gevalle binne 14 dae soos volgens die Europese Sentrum vir Siektevoorkoming en -Beheer.

Wat ook in ag geneem is vir die ranglys, is elke land se bevolkingsdigtheid en hoe ‘n land reageer op openbare gesondheidsrisiko’s en noodgevalle van nasionale en internasionale belang.

Paetzold sê Namibië is gretig en gereed om die wêreld terug na Namibië te verwelkom.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!