Namibië – ons juweel

Vanaf 1 September begin die voorskou tot ‘n toerisme ekspo wat in elke opsig uniek gaan wees. Lees hier hoe jy ‘n wenner kan wees.
Finaliste wat gaan meeding om die titel “Toeris van die jaar” is gereed om hul vakansie-ervarings met die res van die land en die wêreld te deel.

Reisplanne is gebriek deur nuwe inperkings weens Covid-19, maar Namibia Media Holdings se vyf gekose reisigers sal so gou moontlik uit die blokke gestuur word.

Besoekers aan vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) sal die juweelvideo in die unieke kompetisie, “Namibia, My Own Gem”, kies.

Die vyf finaliste is Tina Haulyondjama, Heike Gebauer, Helvi Nestor, Sulet Gous en Klaus Rennack.

Tina sal na die Kanaan Desert Retreat – ‘n opregte fotoparadys – reis, terwyl Heike en Helvi onderskeidelik die Strand Hotel in Swakopmund en Desert Grace by Solitaire sal besoek. Sulet gaan by die Grootberg Lodge naby Palmwag kuier en Klaus sal by die immergewilde Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park afsaal.

Hulle sal hul reise aanlyn boekstaaf en elkeen moet ‘n promosievideo vir hul bestemming saamstel. Hierdie video’s sal om die titel meeding.

“Namibia, My Own Gem”, word geborg deur Tourismus Namibia, Vivo Energy Namibia, Journeys Namibia, Gondwana Collection, N/a'an ku sê, Namibia Wildlife Resorts en O&L Leisure.

Vanjaar se NTE en Motorskou vind van 4 tot 7 November by SKW in Windhoek plaas en die tema is groen energie. Die streekshandelsmerk “Toerisme – 10 Grade Suid” sal formeel by die ekspo van stapel gestuur.

By die ekspo gee ons vanjaar 1 000 reisgeskenke na plaaslike toerismebestemmings weg. Die eerste kompetisie begin reeds op 1 September en pryse moet by die NTE opgeëis word.

Volg ons gedrukte en aanlynpublikasies om op hoogte te bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!