Namibiu00eb onthou helde
Namibiu00eb onthou helde

Namibië onthou helde

Francoise Steynberg
Otis Finck - Pres. Hage Geingob het duisende mense op Heldedag op Kuisebmond meegedeel dat die slag van Ongulumbashe ’n water­skeidingoomblik in die stryd om Namibië se onafhanklikwording en die begin van die gewapende stryd was.
Hy het by die herdenking van die begin van die gewapende stryd Namibiërs tydens vieringe op Kuisebmond aan die kus toegespreek. Vegters van die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN) onder leiding van mnr. John Ya Otto Nankudhu, het destyds hul wapens vir die eerste keer afgevuur toe hulle die Suid-Afrikaanse weermag by Ongulumbashe die stryd aangesê het.
Die president het die ontslape Peter Eneas (Ndilimani) Nanyemba as ’n uitstaande vryheidsvegter beskryf en gesê die PLAN-bevelvoerder was ’n voorbeeld van die selflose heldhaftigheid van die helde van die bevrydingstryd.
“Vandag leef ons in ’n vrye en onafhanklike Namibië, ons het demokrasie, eenheid, vrede, stablititeit en die regstaat, omdat ons bereid was om daarvoor te sterf.”
Geingob het ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om die tyd te neem om na te dink aan die helde en heldinne wat op Heldedag geveg het. Dit is aan hulle opofferinge te danke dat Namibiërs vandag in ’n land lewe, gegrond op die beginsels van doeltreffende staatsbestuur, respek vir die regstaat, respek vir menselewens, waardigheid en eenheid.
“Dit is een ding om eer te betoon aan ons helde en heldinne met standbeelde, monumente, liedere en goed geartikuleerde huldeblyke. As ons hulle werklik wil eer, is die beste manier om dit te doen om die beginsels waarvoor hulle geveg het, te handhaaf en daarop voort te bou. Laat ons dus nie verveeld raak met vrede en stabiliteit waaroor baie nasies op ons jaloers is nie, Baie het gekies om vir vrede te veg omdat hulle moeg was vir oorlog, haat, verdeeldheid en wantroue. Kom ons wees dankbaar vir die feit dat ons nie meer in moeilike tye moet leef nie,” het hy gese.
“Ons het só baie om oor gelukkig te wees. Ons geniet veiligheid en harmonie onderling wat van onskatbare waarde is. Soveel mense sterf daagliks, ander loop die gevaar om dood te gaan terwyl hulle uit hul geboortelande vlug. Hierdie nagmerrie-scenario’s is ’n vae herinnering en baie van ons jong geslagte kan sulke tonele nie met Namibië vereenselwig en verstaan dat diegene wat voor hulle geleef het, hul lewens opgeoffer het vir die vryheid en vrede wat vandag aan die orde van die dag is nie.”
Geingob het ook hulde gebring aan die mans en vroue in die uniform-magte en bygevoeg dat hulle vandag die fakkel van vryheid en geregtigheid dra waarvoor diegene wat op Heldedag geëer word, geveg het.

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!