Namibië ontvang miljarde vir watersektor
Die program sluit die voorbereiding van studies en ontwerpe in om meer rioolwater in Windhoek te herwin.
Die raad van direkteure van die Afrika Ontwikkelingsbank het die afgelope Woensdag ’n lening van USD 121,7 miljoen (N$1,893 miljard) asook ’n toekenning van €3 miljoen (sowat N$62,5 miljoen) aan Namibië toegestaan, spesifiek om die watersektor te help.
Laasgenoemde bedrag kom van die Landelike Waterverskaffing Sanitasie Inisiatief Trustfonds, het die bank in ’n nuusverklaring gesê.
Die bank sê die geld sal vir ’n Watersektor Ondersteuningsprogram aangewend word, wat moet help met volhoubare waterproduksie en toegang tot drinkbare water asook water vir landbou en nywerhede.
“Die doel is om toegang tot volhoubare waterdienste van die huidige 85% te verhoog, terwyl toegang tot sanitasiedienste van die huidige 54% na 100% teen 2030 verbeter moet word,” het Kwasi Kpodo van die bank se kommunikasie-afdeling gesê.
“Die program behels verder die voorbereiding van studies en ontwerpe om meer rioolwater in Windhoek te herwin en die stad se kapasiteit hiervoor tot 17 000 m³ per dag te verhoog.
“Na raming sal die program, wanneer dit teen 2024 afgehandel word, sowat 1 miljoen mense direk bevoordeel terwyl ’n verdere 250 000 indirek hierby sal baat.
“Die program sal oor die volgende vyf jaar ingestel word en sluit onder meer in die konstruksie en herstelwerk van waterinfrastruktuur, asook die bou van waterverskaffingskemas en klimaatweerstandige sanitasiefasiliteite,” het Kpodo gesê.
Die sleutelelement van die projek is sanitasiebemarking en ’n fokus op gedragsverandering, het Gladys Gichuri, direkteur van die bank se departement van waterontwikkeling en sanitasie aan raadslede gesê.
“Dit is noodsaaklik om sanitasie te verbeter, wat insluit om die aantal mense te verminder wat in die openbaar ontlas.
“Landelike inwoners sal meer higiënies kan leef, danksy verbeterde omgewings- en sanitêre toestande. Daar sal spesifiek op kwesbare huishoudings gefokus word, terwyl die program ook werkgeleenthede sal bied en vroue- en jeuggroepe kan bemagtig,” het Kpodo gesê.
Die bank sê die herhalende droogtes in Namibië sorg vir ’n nasionale waterkrisis wat ernstige beperkings op die agenda vir ekonomiese, omgewings- en maatskaplike ontwikkeling plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie