Namibië ook vir knapsak reisigers
Meer Duitsers, maar minder Suid-Afrikaners het Namibië in 2017 besoek.
Francoise Steynberg – Namibië se toerismebedryf het verlede jaar ’n kamerbesetting van 58,5% behaal, wat net een persentasiepunt laer as in 2016 was.
Volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het die eerste twee kwartale van 2017 egter 2% beter as dieselfde tydperk in 2016 gevaar "wat aandui die tradisionele lae seisoen die hoë lading van piekseisoen van die tweede helfte van die jaar het uitgebalanseer".
Die sentrale en suidelike streek se kamerbesetting was meer as 60%, met die kus meer as 57,8% en die noordelike streek 53,3%.
Wat nasionaliteite betref, het die plaaslike mark wat net minder as 'n derde van alle besettings in 2017 verteenwoordig, 'n afname van 4% beleef.
Goeie nuus is 'n verhoging van 4% in toeriste van Duitssprekende Europa met 'n totaal van meer as 27% toeriste uit hierdie deel, terwyl meer toeriste uit Frankryk, Italië, Brittanje, Spanje, Portugal en Amerika kom kuier het.
"Dit bewys die Europese mark hou steeds groot potensiaal vir Namibië in en is die sleutelmark," sê Paetzold.
Sowat 1,5% minder Suid-Afrikaners het kom kuier, wat 11,5% van totale toeriste verteenwoordig.
"Dit weerspieël die ekonomiese wurggreep waarin beide die plaaslike en Suid-Afrikaanse toerismemark hulself bevind."
DIE PAD VORENTOE
HAN het vandeesweek 'n vergadering gehou om die pad vorentoe te bespreek met 30 rolspelers in die toerismebedryf wat toeroperateurs, voertuigverhuringsmaatskappye, die akkommodasiesektor en die Namibië Toerismeraad (NTB) ingesluit het.
"Ons het maniere bespreek om 'n vlak van 80%-kamerbesetting in piekseisoen te bereik, want Namibië beleef tans 'n hoë aanvraag vir sy toeristebestemmings en -dienste. Die land bly 'n gewilde bestemming," sê Paetzold.
Bloomberg het Namibië as een van die 20 gewildste bestemmings wêreldwyd gelys en Forbes meen Namibië is een van die mees bekostigbare bestemmings in Afrika.
Paetzold meen ook infrastruktuur rakende paaie en toegang tot vlugte en dienste by immigrasiepunte is sleutelfaktore wat Namibië se toerismedienste aan die internasionale gemeenskap beïnvloed.
"Dit is verblydend om te sien dat sommige internasionale kundiges Namibië as 'n baie bekostigbare bestemming ag, want dit kan ons baie mededingend op die internasionale toerismeplatform plaas.
"Wat Namibië so spesiaal maak, is dat dit vir beide die hoë gehalte reisiger met eksklusiewe smaak voorsiening maak, asook vir diegene wat op 'n knapsak begroting reis."
Paetzold meen die die NTB-kantoor in Frankfurt, Duitsland, gee uitgebreide blootstelling aan internasionale media en korporatiewe maatskappye deur veldtogte en spesiale produkte.
"Deur middel van hierdie direkte bemarkingspogings van handelsreis, is Namibië op die internasionale kaart as 'n gesogte reisbestemming geplaas," sê sy.
SEISOENALE VERSPREIDING
Sy sê terwyl daarin geslaag is om die goeie vloei van toeriste te behou, is die seisoenale verspreiding uiters belangrik aangesien dit die druk op diensverskaffers in die piekseisoen van Augustus tot Oktober verminder. Paetzold meen gedurende hierdie tyd is Namibië reeds "uitverkoop" met opearteurs wat dit uiters moeilik vind om bevestiging te kry vir vooruitbesprekings vir die piekseisoen.
"In gesprekke met belanghebbendes dié week is ooreengekom meer buigsaamheid en kreatiwiteit moet in Namibië se pakkette aan die dag gelê word - beide rakende die aanbiedinge van hoogtepunte in verskillende seisoene en die wysiging van die reisroetes om diverse kulturele toere aan te bied," sê Paetzold.
"Dit sal die opeenhoping by sommige van die gewildste bestemmings van Namibië, soos Etosha Nasionale Park, Sossusvlei en Unesco se erfenisgebiede, die Namib Sandsee en Twyfelfontein, takel."
Rolspelers het volgens haar saamgestem 'n algemene toer om alles van Namibië in te sluit, is steeds 'n topverkoper, maar toeriste wat die land weer besoek, kan van meer gespesialiseerde pakkette gebruik maak om meer van sy mense, kulture en omgewing te ontdek.
"Van die nuwe fokusareas kan tot die ontwikkeling van nuwe toerismepakkette lei, soos geologiese toere na kleinskaalse myners van edelstene, asook fotografiesafari's," sê Paetzold.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie