Namibië op voedselhulplys
Vanweë die Covid-19-pandemie, swak reënneerslae asook die uitbreking van sprinkaanplae, is Namibië een van 34 Afrikalande en 45 wêreldwyd wat eksterne voedselhulp benodig.
Ellanie Smit
Namibië is deur die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) geïdentifiseer as een van die Afrikalande wat eksterne voedselhulp benodig.
Volgens die FAO se verslag oor gewasvooruitsigte en voedselsituasie benodig altesaam 45 lande, waarvan 34 in Afrika geleë is, voedselhulp van buite hul grense.
“Die 45 lande is in verskillende mates deur die coronaviruspandemie getref. As gevolg hiervan word die pandemie as 'n sleutelfaktor beskou wat voedselsekuriteit bedreig en die behoefte aan humanitêre hulp laat toeneem het.”
Die ergste ekonomiese agteruitgang word in Zimbabwe voorspel, terwyl merkwaardige agteruitgang ook in Botswana, Namibië en Suid-Afrika verwag word, lui die verslag.
Die impak van die pandemie, veral in terme van 'n verlies aan inkomste, is 'n belangrike dryfveer vir 'n gebrek aan wêreldwye voedselsekuriteit en dit het toestande vererger waar dit reeds kwesbaar was.
Die verslag sê Namibië ervaar plek-plek tekortkominge in stapelvoedsel as gevolg van swak ekonomiese toestande.
Na raming ervaar sowat 441 000 Namibiërs 'n gebrek aan voedselsekuriteit en benodig humanitêre hulp tussen Oktober en Maart 2021, lui die verslag.
DROOGTE
“Hoewel daar genoeg en 'n bestendige hoeveelheid voedsel beskikbaar is, het die negatiewe uitwerking van die pandemie in terme van 'n verlies aan inkomste en werksgeleenthede, huishoudings se toegang tot kos belemmer.”
Volgens die verslag is die plant van graangewasse, wat in 2021 geoes sal word, goed op dreef in Suider-Afrika.
Tog was reënvalsyfers in die suide van Angola, asook oor Namibië ondernormaal vir Oktober en November. Daar is egter ook hoop, met weervooruitsigte vir Desember tot Februarie wat daarop dui dat bonormale reëns in die meeste lande kan voorkom. Dienooreenkomstig word 'n gemiddelde tot bogemiddelde graanoes verwag.
VERBETERDE TOEGANG
Intussen is talle Covid-19-inperkings in die afgelope maande opgehef of verslap, wat mense se fisieke toegang tot markte vir landbou-insette en -velde verbeter, lui die verslag.
Die effek op boere se inkomste sal waarskynlik hul vermoë beïnvloed om landbou-insette aan te skaf, terwyl die uitbreking van meer sprinkaanplae ook 'n risiko vir graanproduksie inhou.
“Regerings monitor die situasie met die hulp van die FAO en pas tans maatreëls toe vir die beperking van uitbrekings.”– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie