Namibiu00eb sal nie entstowwe meng
Namibiu00eb sal nie entstowwe meng

Namibië sal nie entstowwe meng

Die tydsduur tussen die ontvangs van die eerste en die tweede dosis van entstowwe kan tot drie maande duur en kan beskerming selfs verbeter.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië sal in hierdie stadium nie mense toelaat om verskillende soorte Covid-19-entstowwe vir hul eerste en tweede dosisse te gebruik nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se spesialis vir openbare gesondheid, me. Rosaline de Wee, volg die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste riglyne wat nie die “meng en pas” van entstowwe ondersteun nie.

“Daar is tans studies en data wat ondersoek watter entstowwe veilig met mekaar gemeng kan word, maar vir nou bly ons by dieselfde entstof vir albei dosisse,” het sy gister tydens 'n bespreking by die Covid-inligtingsentrum gesê.

Met verwysing na persone wat tans wag op hul tweede dosis AstraZeneca het die pulmonoloog dr. Willie Bruwer gesê daar is voordele daaraan verbonde om die tweede dosis te vertraag.

“Data wys nou daar is verdere gesondheidsvoordeel om die tyd tussen die twee dosisse te verleng en dat dit die uitwerking daarvan kan verbeter. Om dit twee of selfs drie maande ná die eerste dosis te kry, sal nie 'n verskil maak nie,” het hy gesê.

De Wee het onder meer na Kanada verwys, waar die tydperk tussen die twee dosisse tot twee maande is.

“Die liggaam 'vergeet' nie die eerste dosis nie. Dit het ook tyd nodig om immuniteit en maksimum beskerming te ontwikkel. Die proses moet dus voltooi word en dit kan 'n maand en langer duur.”



ASTRA OP PAD

Volgens die gesondheidsministerie se hoofapteker, me. Seija Nakamhela, word nuwe voorrade van AstraZeneca in Augustus verwag, maar geen datum is nog bevestig nie.

Die sloerdery is volgens Nakamhela die oorsaak van logistieke uitdagings en nie tekorte nie.

Gister het me. Manga Lobita, ministeriële woordvoerder, aan die Allgemeine Zeitung gesê die land se voorraad van AstraZeneca is nou heeltemal uitgeput.

Volgens haar is die laaste van hierdie entstowwe Maandag in die Otjozon­djupastreek toegedien.

Daaglikse verslae wys egter 155 dosisse AstraZeneca is gesament­lik Maandag in die Omusati-, Oshikoto-, Kavango-Oos-, Erongo- en ||Kharasstreek gebruik.

Dinsdag het die ||Kharasstreek nog 22 dosisse as tweede inentings gebruik; die Oshi­kotostreek sewe en Omusati 12 (totaal 41).

Republikein se voortgesette vrae oor die verskil van 15 919 tussen die 97 200 dosisse AstraZeneca wat klaarblyklik aanvanklik ontvang is en die 81 281 spuite wat dusver gedoen is, bly onbeantwoord.

Twee besendings Johnson & Johnson word ook steeds in Augustus in die land verwag. Die aflewering van Pfizer is nog nie bevestig nie, maar volgens Nakamhela word dit in Augustus of September verwag.

Pres. Hage Geingob kondig vanmiddag aan of huidige Covid-19-regulasies verslap gaan word of nie.

Dinsdag het net 18% van toetse positiewe uitslae opgelewer en gemeet oor sewe dae is hierdie koers nou gemiddeld 23%; byna die helfte van die gemiddeld van 44% tydens die derde golf van die pandemie se kruin.



SWANGER VROUE

De Wee het benadruk ook swanger vroue kan en behoort ingeënt te word, omdat hulle in die hoërisikogroep val. Vroue wat borsvoed, kan ook die entstof ontvang en word aange­moedig om met borsvoeding voort te gaan.

Met verwysing na samesweringsteorieë en waninligting wat wyd in veral die sosiale media versprei word, het Bruwer mense aangeraai om betroubare bronne soos die WHO en sentrum vir siektebeheer (CDC) vir inligting te nader.

“Gaan terug na betroubare instellings wat ons al vir soveel jare lei. Vertrou die kenners en nie sosiale media nie en neem dan 'n ingeligte besluit.”

“Care before you share,” het De Wee gesê. Mense moet hul huiswerk en ­navorsing doen. “Maak seker dit wat jy deel, is die waarheid,” het sy aangeraai.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!