Namibiu00eb se bankstelsel gesond, su00ea BoN
Namibiu00eb se bankstelsel gesond, su00ea BoN

Namibië se bankstelsel gesond, sê BoN

Die sentrale bank verwag dat die banksektor se positiewe prestasie in die afsienbare toekoms sal voortduur.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Ondanks die SME Bank-skandaal oor 'n twyfelagtige belegging van N$200 miljoen in Suid-Afrika is Namibië se finansiële stelsel in die algemeen, en veral die bankstelsel, gesond.

Dít was die opinie van mnr. Ipumbu Shiimi, president van die Bank van Namibië (BoN), met die bekendstelling van die 2016-jaarverslag op 31 Maart.

Shiimi wou homself egter nie uitlaat oor die hofgeding waarby SME Bank betrokke is nie.

Die BoN het verklaar die bankstelsel se goeie prestasie word ondersteun deur voldoende vlakke van kapitaal wat hoër is as die minimumdrumpel wat deur die sentrale bank daargestel is.

Gedurende 2016 het bankinstellings positiewe groei in hul totale balansstate getoon, asook hoë winsgewendheid.

Likwiditeit van die banksektor was egter onder druk weens beperkings in finansieringstrukture en banke se depositokombinasies.

Banke se bategehalte het steeds goeie vlakke gehandhaaf met lae vlakke van niepresterende lenings (NPL) en 'n afname van die NPL-verhouding van 1,5% in 2016 teenoor 1,6% die vorige jaar.

Oor die algemeen word verwag dat die goeie prestasie van die banksektor in die afsienbare toekoms sal voortduur.

Ná die kwanza-omskakelingsooreenkoms gaan die Banco de Angola (BNA) voort om sy skuld aan BoN te betaal, het Shiimi gesê.

Die risiko's wat verband hou met BNA se verpligting teenoor die BoN is tydens 2016 gemonitor en pogings het gelei tot 'n versnelde terugbetalingsplan wat sedertdien deel van 'n hersiene ooreenkoms is.

Shiimi het gesê die versnelling was 'n verstandige risiko-versagtingsmaatreël wat veranderinge in Angola se ekonomiese toestande in ag geneem het.

Gedurende 2016 het die BoN verskeie instellings, wat na bewering onwettig as bankinstellings bedryf is, ondersoek. Drie van hierdie skemas, Four Corners Namibia, Grow Big Corporation en Mema Affiliate Marketing, se bedrywighede is as onwettig verklaar en hulle moes hul deure sluit.



LISENSIES UITGEREIK

BoN het aan Letshego Bank Namibia Limited en Bank BIC Limited finale sertifikate van magtiging uitgereik om bankinstellings in die land te begin.

Twee lisensies is aan Compuscan Credit Reference Bureau (Pty) Limited en TransUnion Namibia Limited uitgereik om as kredietburo's bedryf te word.

In 2016 het die BoN Four Corners Namibia, Grow Big Corporation en Mema Affiliate Marketing, wat onwettig as bankinstellings bedryf is, se aktiwiteite stopgesit.

Hoewel die BoN nie 'n winsgewende instelling is nie, het die bank dividende van N$68,1 miljoen aan die staat verklaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!