Namibië se eerste rosé sien die lig
Tanja Bause – Die Thonningii-landgoed buite Otavi het onlangs sy 2016-rosé gebottel. Dit is die enigste rosé wat op die oomblik in Namibië gemaak word.
Die rosé, wat nou sowat drie maande oud is, is van druiwe gemaak wat in Januarie gepluk is.
“Rosé moet vars gedrink word,” sê mnr. Gilmar Boshoff van die landgoed. “Die wyn baat nie by ’n lang veroudering nie. Eintlik is dit op sy beste wanneer dit vars en koud is.”
Die bottelering word per hand gedoen ná mnr. Ben Honibeb koolsuurgas in die leë bottels geplaas het.
“Die koolsuurgas verplaas die suurstof in die bottel en beskerm die wyn teen oksidasie. Dit moet veral by sensitiewe wyne gedoen word om te verhoed dat dit verkleur,” het Boshoff gesê.
Mnr. Simon Gamabub plaas daarna ’n kurk in ’n houer en druk dit met ’n masjien in die bottel in.
Boshoff plaas dan die etikette per hand op elke bottel en seël die bottelnek.
“Die rosé, rooiwyn en witwyn wat ons hier by Thonningii maak, is ’n 100% Namiebiese produk wat so ver moontlik met die hand gemaak is,” het Boshoff gesê.
“Ons filosofie by Thonningii is om ’n natuurlike wyn met die minste manipulasie vanaf die wingerd tot in die bottel te produseer. Ons wil ’n natuurlike, vars produk maak. Dieselfde holistiese benadering wat ons in die wingerde toepas, pas ons ook in die kelder toe,” het Boshoff gesê.
Daar word geen kleur ekstraksie ensieme by die wynmaakproses gevoeg nie. So ook word geen tannien gebruik nie. Daar word wel ’n bietjie wynsteensuur en gis bygevoeg wanneer dit nodig is.
Die shiraz-druiwe wat vir die rosé gebruik word, word bietjie vroeër as vir die rooi wyn gepluk sodat die vrug sy varsheid en natuurlike suurinhoud behou. Die druiwe word vir ’n paar uur in hul doppe gelaat waarna dit na die pars gaan. Hier bly die doppe agter en die sap word in houers gepomp waar spontane fermentasie begin. Die sap bly vir ses weke op die gismoer voordat dit twee keer afgetrek word om dit skoon te kry. Die wyn word dan ongefiltreerd gebottel.
“Dit was 'n baie warm voorjaar wat gevolg is deur goeie reën in Desember en Januarie. As gevolg van die droë en warm toestande in die vroeë somer, is die geure in die druiwetrosse baie gekonsentreer. Dit het meegebring dat die 2016-oesjaar lywige en vrugtige wyne opgelewer het.”
Thonningii se wyne is by die Gathemann Restaurant en Wine Goddess in Windhoek, of by die kelder self beskikbaar. Hulle bied toere deur die wingerde en kelder aan, en die wyne kan ook daar geproe word. Diegene wat daarin belangstel om die besondere Namibiese wyn te proe, kan 081 041 6083 skakel en ’n afspraak reël.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie