Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

Yandi Du Plessis
Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon.

Saam met dié gesogte titel stap sy weg met pryse ter waarde van N$350 000, gratis stilering vir 'n jaar en vervoerdienste wat deur BMW verskaf sal word. Sy sal Namibië volgende jaar by die internasionale Mej. Supranational-skoonheidswedstryd in Pole verteenwoordig, waar sy teen 76 ander dames sal meeding om dié titel, wat van dieselfde kaliber as die Mej. Wêreld en Mej. Heelal-titels beskou word.

Chanique is ook as die “vrou van substansie” aangewys. Yana Haenisch, wat Namibië in 2019 in Pole verteenwoordig het, het die kroon aan haar oorhandig.

Monique Smith is as die naaswenner aangewys, en sal Chanique se plek inneem indien sy om enige rede nie haar ver­pligtinge as Mej. Supranational Namibië kan nakom nie. Andeline Wieland was die tweede prinses en Ashleigh Kleintjies is as Mej. Debutante aangewys.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!