Namibiu00eb se paaie voorbeeld vir Afrika
Namibiu00eb se paaie voorbeeld vir Afrika

Namibië se paaie voorbeeld vir Afrika

Padinfrastruktuur-ontwikkeling in Namibië is die beste in Afrika.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Gemeet aan ander Afrikalande, is Namibië se padinfrastruktuur tops.

Trouens, die land vaar selfs in globale terme goed.

Dit was opnuut die bevinding van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in sy 2017-2018 Globale Mededingendheidsverslag. Die verslag meet die prestasie van 137 lande op grond van 12 mededingendheidsmaat­stawwe, waaronder infrastruktuur.

Padinfrastruktuur-ontwikkeling word as 'n onderafdeling hiervan beoordeel.

Namibië word hiermee op nommer 31 geplaas, en behou sy posisie as nommer een onder die toptien-­lande in Afrika.

In die 2016-2017-verslag was Namibië 23ste uit 138 lande wat dié aspek betref.

Dit blyk uit die verslag Namibië het 5,7 punte uit 7 vir sy padinstruktuur-ontwikkeling behaal.

Sy naaste mededingers in Afrika is Suid-Afrika en Rwanda met 5,0 punte en Mauritius met 4,7.



Verenigde Arabiese Emirate

Namibië het selfs beter gevaar as lande soos Ekwador, Bahrein en Brittanje wat elk 5,1 punte behaal het.

Die Verenigde Arabiese Emirate is nommer een in die wêreld met 6,5 punte.

Mnr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), het gister in 'n verklaring gesê dié ­prestasie is 'n bewys van hierdie owerheid se pogings om die paaie-­infrastruktuur te ontwikkel en seker te maak dit is in pas met wêreldstandaarde.

Hy sê verder die land se paaienetwerk dra by tot die ekonomiese groei van ander lande in die streek.

Namibië is die enigste land in die streek wat korridors soos die Trans-Caprivi-hoofweg en die Trans-Kalahari-hoofweg ontwikkel het om die verskillende lande met mekaar te verbind, sê hy.

Die ander mededingendheidsmaatstawwe wat die WEF in sy globale peiling gebruik, is instellings, die makro-ekonomiese omgewing, ­gesondheidsorg en primêre ­onderwys, hoër onderwys en opleiding, markdoeltreffendheid en -grootte, die doeltreffendheid van die arbeidsmark, finansiële markontwikkeling, tegnologiese gereedheid, besigheidsofistikasie en innovering.

Gemeet aan al hierdie maatstawwe, lê Namibië 90ste uit die 137 lande.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer