Namibië se plan om honger te klop
Kenners en rolspelers in die landbousektor bedink ‘n strategie vir voedselsekuriteit en welvaartskepping.
Catherine Sasman – Kruis-ministeriële agentskappe, landbou-unies en die private sektor is tans besig met die formulering van ‘n omvattende strategie vir die landbouvoedselsektor om groter groei te bewerkstellig.
Dit strook met die Malabo-verklaring wat in 2014 aanvaar is ná die Maputo-verklaring in 2003 nie daarin kon slaag om Afrikalande te mobiliseer om hulle toe te wy aan teikens van minstens 10% openbare besteding aan landbou en 6% se ekonomiese groei nie.
Dít grootliks weens doelwitte wat nie geïmplementeer is nie.
Die Malabo-verklaring het sterker en breër doelwitte binne en buite die landbousektor om meer omvattende waardekettings in die sektor te vorm en om die plaas-tot-vurk-konsep ‘n hupstoot te gee.
Volgens die verklaring het lidlande hulself opnuut aan die beginsels van die Omvattende Landbou-ontwikkelingsprogram (CAADP) toegewy, wat ‘n pan-Afrika inisiatief is.
CAADP is deur die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (Nepad), ‘n program van die Afrika-unie-kommissie (AUC), van stapel gestuur.
Die verklaring verteenwoordig ook lidlande se herverbintenis aan die strewe na die toekenning van 10% van die openbare begroting aan landbou en om honger teen 2025 uit te roei en voeding te verbeter.
Nog ‘n doelwit is om handel in Afrika ’n drievoudige hupstoot te gee wat kommoditeite en dienste betref.
Die adjunk- uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, me. Sophia Kasheeta, het tydens die bekendstelling van die strategiewerkwinkel gesê CAADP is Afrika se beleidsraamwerk vir landboutransformasie, welvaartskepping, voedselsekuriteit en voeding, ekonomiese groei en vooruitgang vir almal.
Die Namibiese regering onderskryf Nepad, maar moet CAADP nog onderteken.
Kasheeta sê Namibië moet daarom vasstel watter beplanning reeds gedoen is, en bestek neem van beleggingsprogramme in die openbare en private sektore.
Die doel van die werkwinkel is om die omvang en lewensvatbaarheid van ‘n strategie vir die land se landbouvoedselsektor te bespreek en om ooreenstemming hieroor te bereik.
‘n Voorgestelde handves vir die beplande strategie gaan ook tydens die werkwinkel voorgelê word in die hoop dat dit na afloop van die werkwinkel deur senior beamptes in die landbouministerie onderskryf sal word.
Gemeet aan ’n minimumstandaard van 3,9 uit 10 in 2017 wat die implementering van die Malabo-verklaring betref, het Namibië ‘n skrale 4,1 behaal teenoor Rwanda se 6,1.
Volgens me. Désirée Dietvorst, ’n konsultant van die Wêreld-voedsel-en-landbouorganisasie (FAO), is Rwanda se goeie prestasie toe te skryf aan sy “uiters doeltreffende implementeringstelsels” en “sterk instellings”.
Dietvorst sê Rwanda se toewyding aan landbouontwikkeling is boonop volhoubaar.
Namibië se punt word wel as “op die regte pad” beskou.
’n Verslag oor lande se prestasie is in Julie by die AU ingedien. Namibië het nog nie die Nasionale Landboubeleggingsplan (Naip) aanvaar nie, wat gebruik word om die landbouvoedselstrategie te implementeer.
Naip is ‘n beleggingsplan wat belegging deur die regering, sowel as nieregeringsvennote voorstaan.
Dietvorst sê Naip verteenwoordig ‘n model waardeur regerings wetgewende en ander haalbare voorstelle maak waardeur landbougedrewe groei in die private sektor kan plaasvind.
Dietvorst sê hoewel Naip nie veilige grondbesit voorsien nie het Rwanda, Afrika se suksesverhaal, dit een van sy pilare gemaak.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie