Namibië se Skollie wen ’n Safta
Die gebore Windhoeker, Dann-Jaques Mouton, se vertolking van ’n bendelid in die sestigerjare wat in die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad beland, het aan hom ’n toekenning as Beste Akteur besorg. Mouton is tydens die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTAS) vereer vir sy rol as AB in Noem my Skollie. Dann-Jaques het in ’n vroeëre onderhoud met Republikein die rolprent bestempel as ’n testament dat jy kán oorleef as jy wil en van die opofferings wat gemaak moet word om dit te kan bereik.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie