Namibië se tophandelsmerke bekend

Country Fresh, Wernhil, Old Mutual, Tafel Lager, MTC en Nammilk is die mees erkende maatskappye en handelsname in Namibië wat verbruikers meen hulle die beste waarde vir geld bied.

Volgens ‘n verklaring van Icertias, wat gelyktydig in Zürich en Windhoek uitgereik is, is ‘n meningspeiling oor die sogenaamde “beste kopie toekenning” in Namibië gedoen.

Namibiërs is ondervra oor ongeveer 50 verskillende ekonomiese en nie-ekonomiese kategorieë waarvan hulle persoonlike ervaring het.

Dit het kleinhandel, kos, grimeermiddels, huishoudelike toestelle, telekommunikasie en finansies ingesluit.

Namibiërs het volgens die opname internasionale én plaaslike handelsmerke as hul topkeuses vir waarde vir geld gekies.

Country Fresh het die roomys-kategorie gewen, Old Mutual is as versekeraar gekies, Knorr vir kitssop, Top Score vir mieliemeel, Nivea vir handeroom en MTC as selfoonoperateur.

Ander kategoriewenners was Samsung (slimfoon), Toyota (gesinsmotor), FNB (bankwese), Telecom Namibia (breëband internet), Bonaqua (gebottelde water), Five Roses (tee), Philips (huishoudelike toerusting), Sunlight (wasgoedseep), Rainbow (bevrore kos), Wernhil Park Mall (winkelsentrum), Elso (toiletpapier), Nammilk (melk), Colgate (tandepaste), Neo (binnenshuise muurverf) en Tastic (rys).

Icertias se opname meet nie die markaandeel wat ‘n betrokke produk geniet nie. Die navorsing bied egter insig in verbruikers se persoonlike ondervinding, mening, tevredenheid en persepsies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!