Namibië skitter by veiling
Strauss & Co is verheug om 'n aantal belangrike kunswerke deur kunstenaars wat in Namibië gewoon en gewerk het by hul volgende kunsveiling in te sluit.
Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat deur die land se natuurlike skoonheid betower is, is ook deel van die veiling.
Die uitgestrekte Namibiese landskap inspireer kunstenaars al eeue lank, maar aangesien hierdie kunswerke selde saam gesien word, is hul impak en skoonheid oor die hoof gesien.
Die veiling vind op 13 November in Johannesburg by die Wanderers Country Club plaas.
Kunswerke wat opgeveil gaan word, kan van 10 tot 12 November besigtig word.
Hoogtepunte sluit twee uitsonderlike olieverfskilderye deur Adolf Jentsch in.
Dié werke is getiteld After the rain (1939) en Near the Swakop Schenkswerder, Okahandja District (1940).
Jentsch het in 1938 uit Duitsland in Suidwes-Afrika aangekom en is deur sy nuwe omgewing geïnspireer.
Die Namibiese landskap het ook Suid-Afrikaanse kunstenaars soos JH Pierneef en Maud Sumner betower.
Pierneef is oorreed om Suidwes-Afrika in 1923 te besoek.
The Brandberg, SWA, was een van die werke wat hy tydens sy besoek geskilder het.
Toe Sumner Namibië in 1965 besoek het, is sy ook betower deur wat sy gevind het.
Vier van haar skilderye gaan by die geleentheid opgeveil word.
Min kunstenaars het die isolasie van Namibië se verlate dorpe meer dramaties as Keith Alexander vasgevang.
Sy eerste besoek in 1980 het nuwe rigting aan sy werk gegee. Twee groot en treffende olieverfskilderye verskyn op die komende veiling, naamlik Petrified Land, wat in 1987 geverf is, en Kolmanskop in Fog.
Ander kunstenaars wie se harte deur Namibië verower is, sluit in Gordon Foster en Fleur Ferri.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie