Namibiu00eb sluit grense nu00e1 varkpes in SA uitbreek
Namibiu00eb sluit grense nu00e1 varkpes in SA uitbreek

Namibië sluit grense ná varkpes in SA uitbreek

Ronelle Rademeyer
Die ministerie van landbou, water en bosbou het Dinsdag aangekondig die grens is vroeër vandeesmaand gesluit vir die invoer van lewende varke en varkvleis uit Suid-Afrika nadat ’n uitbreking van Afrika-varkpes deur die veeartseny-owerheid in die buurland bevestig is.
Netwerk24 berig dié siekte het vroeër vandeesmaand op ’n plaas in Koffiefontein in die Vrystaat uitgebreek.
Die Suid-Afrikaanse departement van landbou, bosbou en visserye het ook ’n geval van die siekte in die ­Ipelegeng-woonbuurt naby ­Schweizer-Reneke in Noordwes bevestig.
Dr. Rob Fouché, staatsveearts in Bloemfontein, het aan Netwerk24 gesê hulle ondersoek die moont­likheid dat die einste boer op wie se plaas die siekte aangemeld is, verskeie varke op ’n veiling in Bloemfontein verkoop het.
Fouché sê honderde varke het reeds weens die siekte gevrek. Die siekte word weens ’n virus van vark tot vark oorgedra.
Daar is geen behandeling of inenting teen die siekte nie en varke wat dit opdoen, vrek.
Luidens die ministerie se verklaring sal waarneming by grensposte ook opgeskerp word om seker te maak dat produkte wat Namibië binnekom, nie ’n gesondheidsbedreiging vir die varkproduksiebedryf in Namibië inhou nie.
Die verbod op die invoer van varke en varkvleis sal van krag bly totdat die uitbreking in Suid-Afrika iets van die verlede is, sê die ministerie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!