Namibiu00eb soek reusebeleggings
Namibiu00eb soek reusebeleggings

Namibië soek reusebeleggings

Google se ondersesekabel en ’n massasonkragaanleg is van die projekte waarop Namibië sy oog het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Reusebeleggings sal help om Namibië van sy uitgerekte resessie te red en die hoëvlakpaneel oor die ekonomie sê dit werk hard om die uitkomste van die onlangse beleggingsberaad ten volle te ontgin.

’n Batebestuurder, mnr. James Mnyupe, is ’n lid van dié paneel. Hy het Donderdag by die tweede jaarlikse forum vir ontwikkelingsvennote in die hoofstad terugvoering oor onlangse verwikkeling in die verband gegee.

Mnyupe het klem gelê op paneelbesluite om samewerking tussen die regering en die privaat sektor te prioritiseer, die nuwe raamwerk vir gelyke ekonomiese bemagtiging (NEEEF) voor die einde van die jaar te finaliseer, en die invoer van vaardighede te vergemaklik.

Die regering vorder goed met die inwerkingstelling van visums-by-aankoms, het hy gesê.

Daar is ook besluit om deur middel van wêreldreise Namibië as beleggingbestemming te bemark.

’n Privaat gefinansierde reis is middel September na New York onderneem toe die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gehou is, het Mnyupe gesê.

Op die reis is met Google vergader, waar regeringsbeamptes en die hoof van NamPower Google se beplande Equiano-ondersesekabel bespreek het.

Sou die kabel met Namibië verbind word, kan dit noemenswaardige voordele vir kommunikasietegnologie in die land inhou. Google soek in ruil daarvoor vrye toegang tot dié verbinding vir al sy gebruikers, terwyl NamPower daarmee meer nut uit sy eie veseloptiesenetwerk wil kry.

Daar is ook gesels met Power Africa, die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) se kragontwikkelingsagentskap wat ’n reusesonkragaanleg in Namibië wil bou. Dit sal aanvanklik tussen 300 MW en 400 MW elektrisiteit verskaf, maar sal vergroot word om tussen 2 of 3 gigawatt op te wek, het hy gesê.

In November sal ’n Amerikaanse ekonoom Namibië besoek om met die sentrale bank, die ministerie van finansies en die Nasionale Beplanningskommissie oor beter samewerking te gesels.

“Die pad vorentoe vereis nederige, koördinerende spanspelers. Ons benodig ook hulp in terme van kapitaal en vaardighede. Ons ekonomie krimp reeds vir baie kwartale, met baie werksverliese. Hierdie ongekende uitdaging verg waaghalsige optrede. Die regering moet ook sy bereidwilligheid wys.

“Een goeie ding is dat kontraktuele besparing gelyk aan 150% van Namibië se bruto binnelandse produk is. Ons kan dit belê, maar toepaslike finansiering moet vir elke ontwikkelingsnood gebruik word. Ons moenie diskrimineer wat betref moontlike bronne van finansiering nie,” het hy gesê.

Die Franse ambassadeur in Namibië, amb. me. Claire Bodonyi, het haar land se steun vir opleiding van Namibiërs toegesê.

Die Indiese hoë kommissaris in Namibië, mnr. Kumar Tuhin, het gepraat oor sy land se beleide en aansporings om deur privaat beleggings in sonkrag elektrisiteitskostes te verminder. Indië sal Namibië wys hoe hulle dit reggekry het, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!