Namibiu00eb spog met ses lewende museums
Namibiu00eb spog met ses lewende museums

Namibië spog met ses lewende museums

Tanja Bause
Tanja Bause - Die sesde lewende museum word op die 5 November noord van Opuwo geopen.

Die eerste Ovahimba lewende museum is in die Omungunda-nedersetting, 40 kilometer noord van Opuwo geleë.

Die museum bestaan uit ''n groot tradisionele opstal waar die Ovahimba besoekers aan hul daaglikse roetines bekend stel en aanmoedig om deel te neem.

Die Ovahimba wys ook meer oor hul geregte, asook verskillende vaardighede wat pottebakkery, leerlooiery en houtsneewerk insluit. Besoekers kan voorts eerstehands sien hoe kleihutte gebou word, terwyl hulle op tradisionele sang en dans getrakteer word. Fokus val ook op die belangrikheid van die heilige vuur asook van beeste in die Ovahimba-kultuur.

Besoekers kry selfs die geleentheid om hul lywe met rooi oker te verf soos wat die Ovahimba-vroue al eeue lank doen.

Die gids verduidelik alles in Engels en besoekers kan na afloop van hul toer spesiale aandenkings by die spesiale handwerkwinkel koop. Die museum spog ook met ''n kampeerplek vir besoekers.

Ander lewende museums in die res van die land sluit dié van die Mafwe en Mbunza in die Zambezi-streek, die Damara naby Twyfelfontein, die Ju/’hoansi by Grashoek, asook die Hunters lewende museums by Tsumkwe in.

Die museums is deur die Living Culture Foundation Namibia (LCFN) gestig met die doel om kultuur te bewaar, armoede uit te wis en om kulturele en interkulturele uitruiling aan te moedig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!