Namibiu00eb spog met sy eerste jenewer
Namibiu00eb spog met sy eerste jenewer

Namibië spog met sy eerste jenewer

Tanja Bause
Tanja Bause

Namibië se eerste plaaslik vervaardigde jenewer het twee maande gelede in die mark verskyn. Dit is die geesteskind van mnr. Michael Weder (foto regs) wat ná ’n paar probeerslae en toetse uiteindelik die regte mengsel en smaak gevind het.
“Die basis van elke jenewer is maar die jenewerbessie saam met ander kruie en speserye. Ons het besluit om ook die wortel van die duiwelsklouplant wat by Keetmanshoop groei, by te voeg om dit nog meer Namibies te maak,” het Weder gesê.
Die duiwelsklouplante word deur mense in die omgewing van Keetmanshoop geoes en aan Weder verskaf.
“Dit is ’n goeie inkomste vir die mense in die Suide.”
Die jenewer word by Naute Kristall aan die voet van die Nautedam se wal naby Keetmanshoop gedistilleer. Weder maak ook ’n snaps van dadels, granate, turksvye, asook ’n brandewyn van dadels. Dit word ook by die Nautedam verbou, geoes en verwerk.
“Jenewer is huidig die ‘in’-drankie in Europa, maar dit is ’n baie ou drank­soort wat al jare gestook word. Hier in Namibië drink almal ’n 'gin and tonic' teen sonsondergang, dus was dit vir my natuurlik dat dit die volgende dranksoort gaan wees wat ek gaan maak."
Die beste manier om dié besonderse drankie te geniet, is suiwer met twee blokkies ys en ’n skyfie suurlemoen.
“Die Namibiese jenewer het ’n baie goeie smaak en dit is nie nodig om dit met koeldrank te verdun nie. Net so op ys is dit op sy beste,” het Weder gesê.
Naute Kristall het nege mense buite seisoen in diens. Tussen November en April word ’n verdere tien mense in diens geneem, wanneer met die oes van tafeldruiwe begin word wat ook hier verbou word.
Weder en sy vrou Katrin het die Kristal Kellerei in Omaruru in 2008 gekoop en hier begin wyn en snaps maak. Hulle het daarna die Naute Kristallprojek begin. Omdat die projek persoonlike aandag verg, het die egpaar na Keetmanshoop verhuis en die besigheid op Omaruru verhuur.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!