Namibiu00eb stuur Angolese vlugtelinge wu00e9u00e9r terug
Namibiu00eb stuur Angolese vlugtelinge wu00e9u00e9r terug

Namibië stuur Angolese vlugtelinge wéér terug

Buurland ‘moet sy belofte nakom’
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula – Die Namibiese polisie in die Omusatistreek het verlede week ’n groep van 1 116 Angolese vlugtelinge aan hul land se owerhede oorhandig – die strengste optrede nóg deur die Namibiese regering teen sy buurland.
Nadat ’n deel van die groep van 4 000 wat onlangs gerepatrieer is, vier weke later na Namibië teruggekeer het, is die regering nié beïndruk dat Angola nie sy belofte nagekom het om vir sy burgers te sorg nie.
Mnr. Erginus Endjala, goewerneur van die Omusatistreek, het beloof om alle nuwe aankomelinge na hul land terug te stuur en gesê Namibië het nie meer ’n verpligting om hulle hier te hou nie, en ook nie die geriewe om hulle te huisves nie.
Die nuwe groep het die afgelope Woensdag in hordes teruggekeer, vier weke nadat hulle na hul geboorteland gerepatrieer is. Die groep het in Maart 2021 in Namibië aangekom nadat hulle hul land weens honger verlaat het.
Die groep het op hul spoor teruggestap en steeds die soeke na kos as die rede vir hul terugkeer aangevoer. In ’n gesamentlike inisiatief deur die Namibiese en Angolese regerings, is net meer as 4 000 Angolese vlugtelinge, wat by die Etunda Elcin-sentrum gehuisves is, vanaf 3 Januarie in groepe van 47 per bus na Angola vervoer – met ses busse wat daagliks twee keer gery het.
Endjala het verlede week gesê die vlugtelinge is terug – en steeds in groot getalle.
Die goewerneur het gesê hoewel Namibië ontvanklik is om die vlugtelinge weer te help, het sy streek – wat die hawe vir nuwe aankomelinge geword het – nie meer die middele of geriewe om hulle te huisves nie.
Die kamp waar die immigrante tevore gehuisves is, is deur die Namibiese owerhede gesluit en skoongemaak. Ons susterkoerant Namibian Sun het verneem dat diegene wat teruggekeer het, in die gebied naby die kamp rondgedwaal het en sommige het werk in Etunda gekry in ruil vir kospakkies.
Endjala het gesê hulle sal terug na Angola gedeporteer moet word sodat hul regering sy pligte kan nakom – soos belowe.
Volgens hom het die vlugtelinge teleurstelling in hul regering uitgespreek nadat hulle met hul terugkeer geen ondersteuning ontvang het nie.
GEEN PLEK
“Ons het nie plek vir hulle nie. Hulle regering het gesê hulle het die kapasiteit. Ons sal hulle aan die owerhede oorhandig om die situasie te hanteer,” het hy gesê.
Omusati se streeksbevelvoerder, komm. Titus Shikongo, het bevestig dat hulle ingelig is oor die onwettige immigrante. Hy het gesê hulle het ’n operasie uitgevoer om die omvang van die probleem te bepaal en het die groep terug gedeporteer sodat hulle die Angolese owerhede se verantwoordelikheid kan wees.
Shikongo het bygevoeg hulle kommunikeer tans met die Namibiese immigrasiebeamptes oor wat die beste benadering tot die kwessie is.
Intussen het mnr. Walde Ndevashiya, goewerneur van die Ohangwenastreek, gesê hy is nie bewus van die presiese getal, en of enige van die immigrante na sy streek teruggekeer het nie. Hy het gesê die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het hom ook gevra om die jongste verwikkelinge te deel, maar hy moet nog terugvoer gee. Hy sal dit glo doen sodra hy ’n antwoord kry van die raadslid in die kiesafdelings wat verantwoordelik is vir die gebied waar die immigrante gewoon het.

FOTO
Van die 4 000 Angolese immigrante wat by Etunda in die Omusatistreek gehuisves is en Namibië verlede maand verlaat het, het weer teruggekeer. FOTO VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!