'Namibië, Tanzanië het dieselfde uitdagings'
Aangesien die twee lande ryk aan natuurlike hulpbronne is, moet dit tot voordeel van inwoners ontgin word, het die Namibiese president gesê.
Tanzanië gaan ’n hoëkommissariaat in Windhoek open om betrekkinge tussen dié land en Namibië te verbeter.
Só het die Tanzaniese president, mnr. John Magufuli, Maandag in Windhoek tydens sy staatsbesoek aan president Hage Geingob gesê.
Albei presidente het tydens hul vergadering by Staatshuis saamgestem dat handelsbande tussen die twee lande moet versterk.
Magufuli het ondanks die twee lande se lang geskiedenis sy ontevredenheid daaroor uitgespreek dat slegs twee Namibiese beleggings ter waarde van US$12,96 miljoen (sowat N$186,6 miljoen) by die Tanzaniese beleggingsentrum geregisteer is en slegs 128 werksgeleenthede verskaf is.
“Handel tussen Namibië en Tanzanië is nie goed nie, want die afgelope vyf jaar sedert 2014 was dit slegs TZS59,55 miljard, wat minder as US$ 25 miljoen (sowat N$360 miljoen) is,” het Magufuli gesê.
Geingob wil hê daar moet op sleutelkwessies gefokus word soos landbouproduksie, waardetoevoeging van minerale, vervaardiging en logistiek om vennootskappe en nuwe gebiede van samewerking tussen die twee lande te versterk.
“Ons moet ’n vennootskap van groei en ontwikkeling bou,” het hy gesê.
Die twee presidente het moontlike gebiede van samewerking soos handel, kuns, visserye, landbou en mynbou bespreek.
“In die landbousektor is Namibië bekend vir sy beesvleis, dadels, druiwe en sout. Tanzanië is weer gewild as toeristebestemming in Afrika,” het Geingob gesê.
“Ons twee lande beskik oor natuurlike hulpbronne wat tot ekonomiese voordeel van ons lande en mense ontgin moet word. Al hierdie produkte word na Afrika, Europa en Asië in hul rou vorms uitgevoer.”
Geingob het ’n beroep op amptenare van beide lande gedoen om beter pogings aan te wend en met praktiese, uitvoerbare planne van samewerking vorendag te kom.
“Namibië en Tanzanië het dieselfde ontwikkelingsuitdagings soos armoede en werkloosheid wat ons burgers beïnvloed.
“Die onus is op ons om ons pogings te verdubbel om saam aan ’n doelwit te werk om armoede uit te wis, volhoubaar te ontwikkel en vrede en stabiliteit te handhaaf,” het Geingob gesê.
Magufuli en sy afvaardiging het gister ook die Heldeakker, Onafhanklikheidsmuseum en Meatco besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie