Namibië toets nie vir nuwe variant
Die variant wat deur navorsers as “kommerwekkend” geklassifiseer word weens die groot aantal mutasies wat dit het, blyk nie of dit versprei nie.
Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste doen nie tans genoomtoetse vir die nuwe Suid-Afrikaanse variant C.1.2 wat in verskeie provinsies in die buurland en ook in die res van Afrika, Europa en Asië voorkom nie.
Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is die jongste variant in Mei vanjaar geïdentifiseer binne die genoom soortgelyk aan dié wat in die hoogs aansteeklike Delta-variant gesien is. Die Delta-variant is in Namibië gevind en was grootliks verantwoordelik vir die hoë voorkoms van Covid-19 tydens die derde golf in die land.
Shangula sê die C.1.2-variant is nog nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as 'n variant van kommer geïdentifiseer nie.
“Ons soek tans nie daarna nie,” het hy gesê.
Die WHO het vroeër gesê die variant wat deur navorsers as “kommerwekkend” geklassifiseer word weens die groot aantal mutasies wat dit het, blyk nie of dit versprei nie.
Die WHO se woordvoerder, me. Margaret Harris, het beklemtoon die variant is nog nie deur die organisasie as 'n variant van kommer geïdentifiseer nie en dit wil voorkom of die variant nie in sirkulasie verhoog nie. Dit word egter gemonitor soos die pandemie vorder.
Genetiese navorsers het die C.1.2-variant as 'n “kommerwekkende afstammeling” beskryf wat baie van dieselfde kenmerke as ander variante soos Alpha, Beta en Gamma toon.
Die navorsers is egter nog nie seker of die variant se versameling mutasies dit meer gevaarlik maak nie, maar dit dra egter veranderinge wat aan ander variante verhoogde oordraagbaarheid en die vermoë om die immuunstelsel se reaksie tot 'n mate te ontduik.
Volgens die span navorsers beteken meer mutasies nie noodwendig groter gevaar nie, met sommige mutasies wat 'n virus en sy kombinasie van veranderinge wat dit meer gevaarlik maak, kan verswak. Dit beteken een ekstra mutasie kan die uitwerking van 'n ander uitkanselleer.
Die WHO erken tans vier variante van kommer wat makliker oordraagbaar is, hoe ernstig siek die persoon raak en toetse, entstowwe en behandelings ontglip.
Die tegniese leier vir Covid-19 by die WHO, me. Maria van Kerkhove, sê tot dusver is bevind baie min mense wat met Covid gediagnoseer is, is met die C.1.2-variant geïnfekteer. Volgens haar is daar tot op hede sowat 100 van dié gevalle wêreldwyd.
Die Delta-variant wat ook grootliks vir Namibië se derde golf verantwoordelik was, is steeds wêreldwyd die dominante variant.
Dr. Richard Lessells, 'n kenner van variante, het vroeër aan Netwerk24 gesê die nuwe variant wys dat die virus steeds verander weens die hoë vlakke van verspreiding en oordrag in die samelewing.
“Ons gaan aanhou om nuwe variante te sien en die enigste manier om dit te keer, is om die verspreiding van die virus te beheer deur middel van grootskaalse inenting en die nakoming van gesondheidsmaatreëls,” het Lessells gesê.
Volgens Catherine Scheepers, senior mediese wetenskaplike by die Universiteit van die Witwatersrand se gesondheidskonsortium, het die C.1.2-variant 59 mutasies oor sy hele genoom, wat baie is.
“In vergelyking daarmee het ander kommerwekkende variante slegs sowat 25 mutasies,” sê sy.
– Bykomende bronne: CNN, globalnews, Netwerk24
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie