Namibië topbestemming by ITB
Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, is ook as die toerismeminister van die jaar vir 'n opkomende toeristebestemming aangewys.
Die toekennings kom van die Stille Oseaan-gebied se Reisskrywersvereniging (Patwa) wat lid is van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerismeorganisasie (UNWTO).
ITB is een van die grootste wêreldtoerismeskoue en sal tot Sondag duur. Meer as 30 Namibiese uitstallers is by die ITB teenwoordig.
Op die foto is Shifeta (links) en die Namibiese ambassadeur in Duitsland, mnr. Andreas Guibeb.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie